Nomination #Eenvirjoueenvirmy

Die een kies jy vir jouself en dan kies jy weer ’n ander ene vir iemand waarvoor jy lief is. Een is ’n geskenk vanaf iemand wat jou drome deel; die ander is ’n geskenk wat iemand laat glimlag.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Skakels wat die generasiegaping oorbrug

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Composable-armbande vertel van geslag tot geslag die beste stories: Van die oumas wat so lekker met die tegnologie kan woeker tot die tieners wat obsessief met selfies is. Die mense wat die Composable-versameling kies, het ’n kenmerkende moderne styl en hulle hou daarvan om aan ander mense verbind te voel: vanaf die oudste kleinkind tot die ouma of oupa wat die jongste van gees is!

Die Composable-versameling het ’n kosbare en kontemporêre taal van skakels, met meer as 2 000 ikoniese en prettige simbole om te dra en te deel. Gee dit as geskenk, ruil dit uit of deel dit. ’n Skakeltjie is ’n klein gebaar wat ons almal met mekaar verbind, maak nie saak die ouderdom, geslag of kulturele verskille nie.

Nadat dit in die jare tagtig sy debuut gemaak het, het die Composable-armband ’n kontemporêre simbool van Italiaanse uitsonderlikheid en vakmanskap geraak. Die ikoon in Italiaanse styl het danksy innoverende ontwerp en onweerstaanbare, kosbare amulette die harte van juwelierliefhebbers wêreldwyd verower. Die slim veermeganisme wat aan die binnekant van elke skakel weggesteek is, laat jou toe om jou armband van skakel tot skakel volgens jou eie smaak te bou. Jy kan jou armband oor en oor weer maak.

Die skakels in die Composable-versameling is klein en kosbare stukke wat jy as geskenk kan gee, kan ruil of deel. Die skakels kan elke maand iets van jou avonture vertel sodat jy die herinnering daarvan altyd saam met jou kan dra.

Vir meer inligting oor hierdie handelsmerk, besoek asseblief www.nomination.co.za of volg hulle by @nominationsaoffiction op Facebook of @nominationsaofficial op Instagram.

Lees ook: Die vleiendste denimromp vir jou figuur

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Riaan Grobler, ’n meester van musiek en stories

Riaan Grobler, ’n geliefde radio-omroeper by Pretoria FM asook bekende skrywer en sanger, bewys weer…

5 mins Gelede

Lamskenkel-en-waterblommetjie-bredie

Bestanddele   45 ml (3 e) olie 4 klein lamskenkels, die sening afgesny 2 wortels,…

1 hour Gelede

Geweefde vanielje-en-vye-tertjies

Genoeg vir 6. Bestanddele   Jy hoef nie die filo te weef nie, jy kan…

2 hours Gelede

Skop Swart Vrydag sterk af met MSI se beste aanbiedinge: Skootrekenaars vir speel en werk teen ongelooflike pryse!

Of jy op soek is na ’n kragtige skootrekenaar om meer as een taak mee…

23 hours Gelede

7 dinge wat jy moet weet om die regte matras te koop

Om ’n matras aan te skaf is een van die duurste beleggings wat jy sal…

1 day Gelede

Blitsige roomys

Bestanddele   500 ml (2 k) gevriesde bessies 500 ml (2 k) volroom- Griekse jogurt…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.