Nóg Suid-Afrikaanse bekendes en hul troetelkinders! – Deur Zoë Salzwedel. Hooffoto: Pixabay
Lees ook: Plaaslike bekendes en hul troetelkinders!
Zak Hendrikz
Die gewilde akteur, vervaardiger en regisseur is mal oor donkies – tot dié mate dat hy selfs met hulle boer! Zak en sy vennoot, Jesse Christelis, se plaas en onderneming is op ’n kleinhoewe buite Randfontein geleë waar hulle met donkies van ’n baie skaars en gesogte bloedlyn teel – ’n bont donkie met blou oë.
Saam het Zak en Jesse in 2012 The Donkey Diary gestig, en ook besluit om voorheen mishandelde donkies te koop en te rehabiliteer. Teen Oktober 2016 het Zak en Jesse (persoonlik) meer as 250 donkies gerehabiliteer en uitgeplaas. Dié taak val onder hul sekondêre maatskappy, Donkeys and dwarf goats SA.
View this post on Instagram
Maar oor die algemeen blyk dit of Zak eintlik maar mal is oor alle diere
View this post on Instagram
#juno our bleu-eyed beauty. Cutie man!? #farmdog #farm #farmlife #dogoftheday #dog
Martin Bester
Dié Jacaranda FM-omroeper en sanger, Martin Bester, het ’n hele versameling van oulike troetelkinders – drie katte, drie hoenders en ’n liefdevolle hond.
Lees ook: Ons gesels met Martin Bester
Pure liefde
View this post on Instagram
View this post on Instagram
View this post on Instagram
View this post on Instagram
Radio Raps
Rikus De Beer (beter bekend as Jonathan van Radio Raps) is mal oor sy hondekinders. Hy deel graag oulike foto’s en skattige video’s van hul streke op sy Instagram-profiel. Rikus het twee bulterriërs, Hennie en Inge, en sy vrou het ’n Franse bulhond genaamd Baber.
Rikus se liefde vir sy bulterriërs het hom aangespoor om sy kroeg in Pretoria, Hennie’s Sports Bar, na sy hond Hennie te vernoem.
View this post on Instagram
#inge, laag en met ‘n reguit ruggie soos ‘n goeie vaskopstut!! @julianred3
“Ons gaan nóú braai!”
View this post on Instagram
Al wat werk vir ‘n babbie is @blitzbraais_bbq sousie, sonbrille en liefde!!! #Hennie #inge #baber
“Lekker man, lekker!”
Reynardt Hugo
Van selfies met Chonki tot stapsessies deur die Dieretuinmeer-park, bly een ding duidelik: Reynardt Hugo is baie lief vir sy hondekinders.
Badtyd
View this post on Instagram
View this post on Instagram
Daughters. Chewbacca. Chonki. Chai. Have a lekke evening @pekingesesworld
Demi Lee Moore
Kyk ’n mens na haar Instagram-profiel staan een ding beslis uit: Demi is mal oor musiek, haar kêrel (Barthlo Visagie) en haar troetelhonde.
View this post on Instagram
View this post on Instagram