kategorieë: Ons menseBekendes

Nog ‘n Pretorius-pienkvoet op pad vir Simoné +5 ander bekendes wat 2025-babas verwag!

Simoné Pretorius is weer swanger, en in die wolke daaroor!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die 34-jarige aktrise het Sondagaand die opwindende nuus op Instagram gedeel en geskryf, “Een laaste rodeo.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Sy en haar man, Andries is reeds ouers van ‘n dogtertjie, Harper (3) en ‘n seuntjie, James wat tien maande oud is. Volgens Simoné se Instagram-plasing, gaan die derde Pretorius-pienkvoet volgende jaar, Mei hul opwagting maak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Hierdie Suid-Afrikaanse bekendes verwag ook pienkvoete in 2025:

Bernice West

Die sangeres Bernice West en haar man, Jannes Erasmus, het onlangs aangekondig dat hulle hul eerste klein lyfie, ‘n dogtertjie in Januarie 2025 verwag. Die paartjie het die opwindende nuus op Instagram gedeel deur aanhangers met ‘n ‘nuwe liedjie’ te verras wat toe al die tyd hul swangerskap-aankondiging is.

Melinda Bam

Melinda Bam, Mej. Suid-Afrika 2011, en haar man Adriaan Bergh, Mnr. Suid-Afrika 2011, verwag hul tweede kind, ‘n dogtertjie in Januarie 2025. Die egpaar het die nuus met hul volgelinge in ‘n stylvolle foto op Byblos Beach in St. Tropez, Frankryk gedeel. Hul eerste kind, Ruach, is verlede jaar 10 Maart gebore.

Tamaryn Green-Nxumalo

Dokter Tamaryn Green-Nxumalo, ook ‘n voormalige Mej. Suid-Afrika, “kon nie vir ‘n beter geskenk op haar 30ste verjaardag gevra het nie.”  Sy en haar man, Ze Ndwandwe Nxumalo, het hul baba-nuus in ‘n hartroerende video op sosiale media gedeel. Hul verwag ‘n dogtertjie.

Mila Guy en Bennie Fourie

Die akteurspaar Mila Guy en Bennie Fourie het onlangs hul swangerskap en die geslag van hul eersteling in twee skreeusnaakse video’s op sosiale media aangekondig. Hulle verwag ‘n seuntjie volgende jaar, Januarie. Mila en Bennie het in April 2023 na jare van vriendskap uiteindelik die knoop deurgehaak.

Greteli de Swardt

Die aktrise Greteli de Swardt en haar man, Juan, het onlangs aangekondig dat hulle hul tweede kind, ‘n seuntjie vroeg volgende jaar verwag. Hul eersteling, Alé, is verlede jaar April gebore, en die video’s wat Greteli op haar Instagram-profiel tot dusver gedeel het, spreek boekdele van die gesin se opwinding oor die nuwe toevoeging.

Lees ook:Karlien van Jaarsveld op ‘Laataand by Rian’: “Ek sou dieselfde keuses maak”

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

TSL Socks – trek hierdie somer jou sokkies op!

    Voëls Ons kouse met ’n voëltema het van ryk kleure en teksture tot…

2 hours Gelede

Maklike toevousampioenpasteitjies

Genoeg vir 4.    Bestanddele   10 ml (2 t) elk olie en botter 1…

7 hours Gelede

Nege ‘Suidooster’-sterre praat oor nege jaar se drama

Vandag is dit steeds een van die gewildste plaaslike produksies wat kykers saam laat swets,…

8 hours Gelede

Kry katte en honde ook Alzheimersiekte?

Kan my kat of hond ook Alzheimersiekte kry? Dis wat jy moet weet oor "canine…

3 days Gelede

Hoe om die kleredragreëls op uitnodigings te verstaan

Sodra jy dink jy het al die voorskrifte onder die knie, hoor jy daar is…

3 days Gelede

Is jou kleinding se sintuie oor- of ondersensitief?

Het jy geweet jou baba of peuter moet letterlik leer om sintuiglike inligting te filtreer…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.