kategorieë: Ons menseBekendes

‘Niggies’: Alles wat jy moet weet voor die eerste episode!

Niggies is op ware gebeure gegrond en speel in twee tydvakke af – in 1966 wanneer die twee niggies, Issie Fourie en Petro Nel, vermoor word, en in 1984 wanneer Issie se broer, André, alles in sy vermoë doen om uit te vind wie daarvoor betrokke was.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hier is wat jy moet weet voor jy die eerste episode kyk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
  • Drie gesinne is die hart van die reeks.

Die Fouries

Marie (Tinarie van Wyk Loots) en Dries (Jacques Bessenger) keer terug na Suid-Afrika ná hulle vir ’n tyd in Zambië gewoon het. Hulle is ouers van twee kinders – André (Janru Steenkamp in 1966 en Beer Adriaanse in 1984) en Issie (Lana Vertue). Marie en die twee kinders woon by die Nels terwyl Dries op pad terug van Zambië is. Dries het twee susters, Ousus en Maks.

Die Nels

Ousus (Erica Wessels) en Henning (Neels Clasen) is Henda (Anja Taljaard in 1966 en Cintaine Schutte in 1984) en Petro (Izebella Louw) se ouers. Henda is in matriek in 1966.

Die Fouché’s

Gustaff (Albert Pretorius) en Maks (Roeline Daneel) woon op ’n plaas buite die dorp. Hulle is ouers van Poppie, wat aan die begin van die reeks met graad 1 begin. Lara Boshoff speel die rol van Poppie in 1966 en Jane de Wet speel die rol van Poppie in 1984. Maks is swanger met haar en Gustaff se tweede kind.

  • Die skrywers van die reeks is die bekroonde Saartjie Botha en Philip Rademeyer. Philip het onder meer by vanjaar se Fiëstas die toekenning gewen vir die beste nuutgeskrewe teks vir die toneelstuk Stinkhout.
  • Die regisseur is Jaco Bouwer wat in TV, film én die verhoog vereer is vir sy werk. Hy is onder meer die regisseur van die internasionaal bekroonde reeks Spinners, die speelfilms Gaia en Somerkersfees en die verhoogproduksies Na-aap en Rooiland.
  • Niggies se kinematograaf is Chris Lotz wat ook vir die reekse Nêrens, Noord-Kaap en Donkerbos verantwoordelik was.
  • Die oorspronklike musiek vir Niggies is deur Pierre-Henri Wicomb gekomponeer. Hy is die seun van die sanger Randall Wicomb en was ook vir die musiek verantwoordelik vir Juffrou X, Gaia, Dwaalster en Spinners. Die stem op die temamusiek is die van Kobá Wicomb, Pierre-Henri se suster.

Niggies begin op 25 Maart om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144, en sal ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar wees.

Lees ook: Vyf-vinnige-vrae met Beer Adriaanse oor Niggies en sy intensste rol nóg

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Papawersaad-en-suurlemoen-koek

Bestanddele   Susan sny elke laag deur en vorm so ’n vierlaagkoek. Ons het die resep…

14 hours Gelede

‘Suidooster’ storm voort met hul immergewilde Stomsterk-konsert!

Die kykNET-sepie Suidooster se sterre skitter weer helder by vanjaar se Suidoosterfees by die Kunstekaap.  …

14 hours Gelede

Vyf voetsorgwenke om jou voete tydens jou ouer jare gesond te hou

Daar is ’n ou stukkie Chinese wysheid wat sê: “Jy sterf van jou voete af…

15 hours Gelede

Heerlike kuierkos-spyskaart vir Paasfees

Vier Paasfees met ’n lang, uitgerekte kuier in die buitelug. Hier is heerlike en maklike…

16 hours Gelede

Vyf planne vir kwaliteittyd met jou kind

Ontglip jou kind jou elke keer as jy wil gesels? Hier is ’n paar wenke…

17 hours Gelede

Die Wincklers kuier by Rian: ‘Dit was moeilik om daardie tyd stil te bly, maar dis wat die Here vir my gesê het’

Heinz en Aletté-Johanni Winckler was vandeesweek Rian van Heerden se gaste op Laataand by Rian. Dié…

18 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.