kategorieë: Leef gesondGesondheid

Nierskade? Doen hierdie selftoets

Nierskade is dodelik ernstig, want sonder jou niere kan jou liggaam nie ’n dag oorleef nie. Jou niere is maar klein: elkeen is so groot soos jou vuis, en sit net onder jou ribbekas, aan jou rugkant. Hul funksie is egter lewensbelangrik. Hulle filtreer afvalstowwe uit jou bloed en dit skei in jou uriene uit. Sonder jou niere hoop afvalstowwe binne ure op en ‘vergiftig’ jou liggaam homself.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Gelukkig het jy twee niere. As jy reeds een verloor het, kan die ander een steeds jou liggaam ontgiftig. Die ding is dat beide niere baie dikwels saam geleidelik agteruitgaan. En nierskade is ’n ‘stil’ toestand. Met ander woorde, die simptome is so subtiel dat jy beswaarlik sal weet iets skort, totdat dit te laat is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Daarom is die volgende selftoets belangrik – vir jou gesinslede ook. As jy dink jy het ’n probleem, laat jou dokter jou behoorlik toets.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Toets jouself vir nierskade

1. Nierskade is pynlik

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Waar
Vals

Vals. Anders as nierstene wat uiters pynlik is, is nierskade ’n stil toestand. Gelukkig is nierskade pynloos, maar dit bring juis mee dat jy en selfs jou dokter die simptome maklik miskyk.

2. Nierskade tas net bejaardes aan

Waar
Vals

Vals. Van kinders tot studente, swanger vroue, mans van alle ouderdomme en bejaardes kan nierskade ontwikkel.

3. Watter kleur is jou uriene?

Liggeel
Diepgeel
Bruingeel

’n Donkerder kleur soggens is normaal. Dit is ook normaal as jou uriene rooi is na jy beet geëet het. Maar as jou uriene altyd donkerkleurig is, kan selfs net een ja as antwoord op die onderstaande vrae aandui dat jy nierskade het.

4. Is jou hande, voete en enkels gewoonlik geswel? As jy op jou hande druk, bly die duikie sit?

Ja
Nee

5. Jou vel jeuk voortdurend, sonder duidelike rede. Krap en vryf jy altyd iewers?

Ja
Nee

6. Kry jy voortdurend spierkrampe?

Ja
Nee

7. Is jy kortasem, maar jy het nie asma nie?

Ja
Nee

8. Het jy hoë bloeddruk?

Ja
Nee

9. Sukkel jy om medikasie te kry wat jou bloeddruk afbring? Jou bloeddruk bly dus hoog, al is jy op medikasie?

Ja
Nee

10. Het jy oor die laaste paar maande gewig verloor, al was jy nie op ’n dieet nie?

Ja
Nee

11. Voel jy naar wanneer jy eet?

Ja
Nee

Doen jou niere nog twee gunsies: drink pynpille maar drink dit net as dit nodig is, want hulle kan jou niere ooreis. Drink ook altyd genoeg water, veral in ons warm somers. Onthou ook dat lugversorgers in die winter jou dehidreer. Moenie in die winter vergeet om water te drink nie.

Lees ook: Eet die regte kos om jou niere te ondersteun

Deel
Gepubliseer deur
Salome Delport

Onlangse plasings

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het die reeks kykers landwyd…

7 mins Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

3 hours Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Kreatiewe verskille kelder een van die spanne

Daar het ook ’n spesiale gas opgedaag – dié keer was dit Jess van Dyk…

16 hours Gelede

Pampoenbredie

Genoeg vir 4 Bestanddele   15 ml (1 e) olyf- of avokado-olie 1,5 kg lamsvleis…

1 day Gelede

Voltooi jou kuier in Kaapstad met ’n ete by Marble Cape Town

Die ergste toeriste-gedruis na al die langnaweke het effe bedaar, die kole suis gesellig en…

2 days Gelede

Darren Scott op ‘Laataand by Rian’: “As ek nie kan praat nie, kan ek nie werk nie”

Die emosie het met tye hoog geloop toe Rian van Heerden die radio-legende Darren Scott…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.