Serves:Genoeg vir 4-6Nutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
Hierdie tert is ’n heerlike bygereg by vis.
400 g klaarbereide blaardeeg, ontvries
1 x 170 g-blikkie fyn tuna in water, gedreineer
3 eiers
180 ml (¾ k) room
10 ml (2 t) korrelmosterd
uitgedrukte sap van 1 suurlemoen
sout en gemaalde swartpeper
hand vol fyn Franse boontjies,
vinnig geblansjeer in kokende water
60 ml (¼ k) ontpitte swart olywe
½ rooi ui, dun gesny
2 ryp rooi tamaties, in kwarte gesny
hand vol kruieblare soos bronkors en roket parmesaan, met ’n groenteskiller in dun krulle gesny.
15 ml (1 e) olyfolie
10 ml (2 t) rooiwynasyn
Instructions
Voorverhit die oond tot 180 °C. 1 Rol die blaardeeg effens uit op ’n skoon werkvlak wat met meel bestrooi is. 2 Voer ’n ronde 26 cm-losboompan met die deeg uit. Sny die deeg wat oor die kante hang af. Prik die deeg op die boom met ’n vurk en sit vir 20 min. in die yskas. 3 Meng die tuna, eiers, room, mosterd, suurlemoen en sout en peper. 4 Skep die tunamengsel in die pan en bak vir 25-30 min. tot geset. 5 Meng die res van die bestanddele in ’n ander bak en sit op die gebakte tert.