Niçoise-tert
Serves: Genoeg vir 4-6
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- Hierdie tert is ’n heerlike bygereg by vis.
- 400 g klaarbereide blaardeeg, ontvries
- 1 x 170 g-blikkie fyn tuna in water, gedreineer
- 3 eiers
- 180 ml (¾ k) room
- 10 ml (2 t) korrelmosterd
- uitgedrukte sap van 1 suurlemoen
- sout en gemaalde swartpeper
- hand vol fyn Franse boontjies,
- vinnig geblansjeer in kokende water
- 60 ml (¼ k) ontpitte swart olywe
- ½ rooi ui, dun gesny
- 2 ryp rooi tamaties, in kwarte gesny
- hand vol kruieblare soos bronkors en roket parmesaan, met ’n groenteskiller in dun krulle gesny.
- 15 ml (1 e) olyfolie
- 10 ml (2 t) rooiwynasyn
Instructions
Voorverhit die oond tot 180 °C.
1 Rol die blaardeeg effens uit op ’n skoon werkvlak wat met meel bestrooi is.
2 Voer ’n ronde 26 cm-losboompan met die deeg uit. Sny die deeg wat oor die kante hang af. Prik die deeg op die boom met ’n vurk en sit vir 20 min. in die yskas.
3 Meng die tuna, eiers, room, mosterd, suurlemoen en sout en peper.
4 Skep die tunamengsel in die pan en bak vir 25-30 min. tot geset.
5 Meng die res van die bestanddele in ’n ander bak en sit op die gebakte tert.
Rooi Rose
Lees Meer
Tagliatelle met kersietamaties en tuna
22/10/2024
Bessie-en-witsjokolade-tert
07/10/2024
Likeurtert
03/10/2024