1 Meng al die sous bestanddele met ’n stokmenger tot glad. Gooi deur ’n fyn siffie en hou eenkant.Niçoise-slaai (ons manier)
Ingredients
Instructions
2 Braai die tuna-steak in verhitte olyfolie vir 1-2 min. aan ’n kant tot dit net begin verkleur. Draai in kleefplastiek toe en sit in die vrieskas vir 15 min.
3 Sit die kwarteleiers versigtig in ’n kastrolletjie met kokende water en kook vir presies 2 min. Dreineer en bedek met koue water. Dop af wanneer dit koud is. Hou eenkant.
4 Sny in dun lappies en pak op ’n dienbord.
5 Voorverhit die rooster element van die oond en voer ’n bakplaat met bakpapier uit. Strooi die fyn gerasperde kaas op die pan en laat onder die rooster smelt. Hou dit fyn dop sodat die kaas nie brand nie. Laat heeltemal afkoel.
6 Pak die res van die slaai bestanddele op die tuna. Sit ’n paar parmesaan skerwe bo-op. Sit met die kruieslaaisous voor.