Nico Panagio oor velsorg, behandelings en sy seerste skoonheidservaring deur Suzanne Kotzé. Hooffoto: Kristina Stojiljkovic
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Ek dink die meeste mans het nou al besef dis oukei om jouself te versorg, dit is immers jou tempel, of hoe? Ek dink ook slim bemarking het gesorg dat selfs dié wat nog sukkel om met hul sagter kant in aanraking te kom, gemakliker voel om daai anti-age-room aan te wend!
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Lees ook: Christi Panagio verklap haar skoonheidsgeheime PLUS jy kan haar gunsteling-produkte WEN
Ek en Christi is albei mal oor pHformula se reeks. Ons sê altyd velsorgprodukte moet opreg indrukwekkend wees, of ‘n mens gaan nie lank daarby hou nie. Jou vel is belangrik, want dit is die deel van jou waarmee mense meestal in aanraking kom, of dit nou in lewende lywe of op die skerm is. So jy moet seker maak jy gebruik die beste produkte.
Lees ook: Kom kuier saam agter die skerms met die Panagios
Ek het ‘n sterk vel, maar dit beteken nie ek kan kanse waag nie. ALMAL het sonskerm nodig, veral op jou gesig. Ek gebruik pHformula U.V.Protect SPF 30 (R463) wanneer ons verfilm. Dit maak nie ‘n lagie op my vel nie en werk goed, solank jy dit gereeld aanwend. Die pHformula U.V. Protect SPF 50 (R701) is uitstekend vir wanneer ek veldlope doen, branderplankry of kajak-ry, want dit is waterbestand en baie gemaklik.
Ons bring 16 uur per dag in die son of wind deur, en dan is daar ook die seewater en tropiese storms. Dus is velsorg uiters belangrik. Al wat ek dan anders doen, is om meer dikwels room aan te wend, want dit sweet (of reën) weer so vinnig af. Ons dra almal ook lekker groot sonhoede. What happens in Vegas …
Ek was nog nooit bang of skaam vir pamperlang nie. Een van my eerste meisies het by ‘n “skoonheidskool” studeer en ek het weekliks gesigbehandelings en lyfmasserings gekry, want sy moes oefen. As ek nou terugdink, is dit dalk hoekom ons so lank saam was ná die “vlam al uitgebrand was” (grappie!)
Skin and Body Boutique in Durbanville bederf ons wanneer ook al ons ‘n draai daar kan maak. My grootse uitdaging is om wakker te bly vir die pamper-deel van die ervaring. Ek raak altyd aan die slaap dis so lekker! Maar what happens in Vegas en al so aan …
Toe ek op skool was, het ek padfiets gery. Ek het vir my ‘n Benino Shimano-fiets met my sakgeld gekoop en ‘n jaar lank daaraan afbetaal. Die fiets was ongelooflik mooi en blitsvinnig en baie sleek en ‘n mens moes bene hê wat by hom pas. Toe maak ek die grootse fout van my lewe en gaan vir ‘n wax, ‘n been wax. Albei bene! Tot heel bo, wel amper heel bo. Die trane loop nou nog as ek aan die pyn dink.
Ek hou dit netjies met ‘n trimmer, en ek gebruik elke nou en dan Cold Pressed Virgin Coconut-olie om dit te versorg.
Stoppelbaard! Christi hou ook glad nie van my gesig skoongeskeer nie so ek is baie gelukkig ons is op dieselfde bladsy. Ek lyk skoon vreemd wanneer ek alles afskeer en ek het seker ‘n jaar laas geskeer.
Dink net aan daardie app wat ‘n mens kan gebruik om te sien hoe jy eendag gaan lyk. As jy nou al begin versorg, is dit amper asof jy daardie toekomstige jy ‘n lekker Photoshop smoothing effek gee!
Ek is mal oor Naturalmenté se reeks haarprodukte. Dis alles so natuurlik moontlik en werk baie goed op my Griekse pels wat op my kop groei (ek het gelukkig min hare op ander plekke, want alles is op my kop!)
Jy kan selfs die Naturalmenté-verpakking eet as jy sou wou, want dis bioafbreekbaar.
Ek gebruik bitter min ruikgoed. Net as ek baie deftig aangetrek is. Selfs dan glo ek ‘n mens moet baie min aanwend – dit moet ‘n subtiele, vinnige oomblik van ‘n gedagte van ‘n reukie wees. Anders is dit net te veel!
Ek spuit cologne teen die spieël, dan druk ek my vingerpunte daarin en druk dit teen my keel, net onder my baard. Dit is al. Wanneer ek wel cologne gebruik, verkies ek ou skool Carolina Herrera 212 Men (R1 095 vir 50 ml) of Issey Miyake L’Eau d’Issey for Men (R1 075 vir 75 ml)
Vir nog skoonheidswenke en nuus volg gerus assistent-skoonheidsredakteur en stilis Justine Kroes en skoonheidsredakteur Suzanne Kotzé op Instagram @Stylvol.co.za of volg hulle Facebook blad Stylvol
Middelslagtert genoeg vir 6-8 mense. Bestanddele Deeg 350 g koekmeel 60 ml (¼…
Deur Thinus Ferreira. Foto's: Verskaf. Dié aantreklike plaasseun en safarigids van Simmenau, sowat…
Hierdie beduidende kontantvoordeel word volgens die AVBOB-raad se goeddunke uitgereik en is die sesde spesiale…
Om ’n goeie verhouding met tieners te hê, was nog nooit maklik nie, maar in…
Skop die nuwejaar af met dié heerlike vars slaaie! Resepte deur Vickie de Beer
Deur Rentia Mynhardt. Foto’s: Verskaf Om ma en dogter op papier te wees is…
Hierdie webwerf gebruik koekies.