Neuroterapie: Kry jou brein in rat

Neuroterapie: Kry jou brein in rat deur Mariette Snyman. Hierdie artikel het oorspronklik in die Mei 2017-uitgawe van rooi rose verskyn.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Fisieke, emosionele en intellektuele uitdagings was nog altyd deel van menswees, maar die hulpmiddels tot ons beskikking sou ons voorgeslagte verbluf regop laat sit het. Skaars honderd jaar terug was antibiotika, persoonlikheidstoetse en arbeidsterapie ongekend. Vandag span ons dit in sonder om ’n oog te knip.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Nog ’n ontwikkeling wat al meer veld wen, is neuroterugvoer, ook bekend as EEG-bioterugvoer of neuroterapie. Stel jou voor jy het geweet hoe om jou brein beter te laat funksioneer én jy kon jou brein oortuig om saam te speel – dit klink amper onmoontlik, of hoe?

Tog is dit presies wat neuroterapie kan doen. Ons het die tegnologie om die brein uit te nooi om ’n taak uit te voer en dan in real time – ’n tienduisendste van ’n sekonde – terugvoer te gee op hoe dit vaar. Die verbasende is dat die brein dadelik snap wat aangaan, en meedoen sodat dit doeltreffender kan funksioneer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lees ook: Haal die beste uit jou brein

’n Brein wat beter funksioneer, kan die volgende voordele inhou:

  • Die verbetering van verslawings soos rook en middelmisbruik, breinbeserings, serebrale gestremdheid, chroniese moegheid of pyn, te min energie, slaap- en eetversteurings, epilepsie, hoofpyn en migraines,’n swak immuunstelsel, angsaanvalle, depressie en onopgeloste emosionele kwessies soos woede of ongelukkigheid.
  • Die verbetering van prestasie onder mense soos akteurs, atlete, studente of sakelui.
  • Die verbetering van geheueprobleme, aandagafleibaarheid/hiperaktiwiteitsindroom, outisme, leerprobleme, obsessief-kompulsiewe gedrag en gebrek aan motivering.

Die wye toepassingsmoontlikhede van neuroterapie berus op ’n eenvoudige beginsel: enige aktiwiteit, van slaap tot draf tot toets skryf, word doeltreffrender uitgevoer wanneer die breingolfpatroon by die spesifieke bedrywigheid pas.

Lees ook: Vergeetagtig? Oefen jou brein

Die regte golwe op die regte tyd

Ons brein produseer onophoudelik golwe van verskillende frekwensies. As ons vas slaap, vervaardig ons meestal stadige delta- en theta-golwe, terwyl die vinniger beta-golwe verskyn wanneer ons ’n ingewikkelde syferprobleem probeer oplos.

Ideaal gesproke sou ons brein die regte frekwensies in die regte omstandighede voortbring. Maar dis nie wat gebeur nie. Ons weet almal hoe dit voel as ons lomerig raak wanneer ons op ons stukke in ’n vergadering behoort te wees, of sukkel om ons gedagtes stil te kry wanneer ons wil slaap. In die eerste geval is ons breingolwe te stadig, en in die tweede nie stadig genoeg nie.

Hoekom reageer die brein nie gepas op uiteenlopende situasies nie? Die probleem lê grootliks by ons vol, vinnige 21ste-eeuse werklikheid. Wetenskaplikes reken die gemiddelde mens het vandag elke sekonde 50 000 eenhede inligting méér om te verwerk as die gemiddelde mens vyftig jaar gelede. Daarby benadeel oormatige stres die breinstruktuur. Meer selle sterf en die aantal verbindings tussen selle verminder.

Omgewingsbesoedeling, siektetoestande en sekere vorms van langtermynmedikasie kan ook tot wanbalanse bydra wat verhinder dat ons brein die gepaste golwe vervaardig.

“Die goeie nuus is dat neuroterugvoer die brein kan help om in groter harmonie met lewenseise te funksio-neer,” sê Kerry Rudman,’n Brain Harmonics-praktisyn van Durban. “Neuroterugvoer is sowat vyftig jaar oud. Brain Harmonics International Pty is een van die skole, en almal werk. Brain Harmonics is soos ’n reeks persoonlike oefensessies vir die brein.”

Lees ook: Klop die ouderdom met breinwoema

Evaluering, opleiding, vaslegging

Die eerste stap is om ’n volledige prentjie van jou brein te kry. ’n Breinkaart-assessering word met die hulp van ’n EEG-masjien gedoen. Elektrodes op jou kopvel en ore meet jou breingolfktiwiteit terwyl jy rustig sit en ’n verskeidenheid oefeninge doen met jou oë oop, toe, en deels toe. Die elektriese aktiwiteit van jou brein verskyn op ’n rekenaarskerm en die praktisyn kan die breinpatrone, asook die wanbalanse, vasstel. Terwyl die data verwerk word, kry jy ’n destresbehandeling of ’n visuele speletjie; sommer ’n voorsmakie van hoe die opleiding voel.

Die praktisyn verduidelik wat jou assessering wys. “Ons sien byvoorbeeld wanbalanse soos ’n ‘voor na agter ommekeer’. Dit beteken die stadige dagdroomfrekwensie kom aan die voorkant pleks van die agterkant van jou brein voor. Jy sal uitgeput wees wanneer jy moet konsentreer en dieselfde paragraaf dalk ’n paar keer moet lees. Wanneer jy wil gaan slaap, voel jy weer wawyd wakker.

“Ons werk ook met verskillende merkers, soos depressie, aandaggebreksindroom- en kompulsief-obsessiewe merkers. Almal hou met die verspreiding van breingolwe verband. Ons diagnoseer nie neurologiese versteurings nie. Ons verander net wanbalanse waar hulle voorkom. Afhangende van ’n kliënt se doelwitte, soos beter sport-prestasie of minder angstigheid, stel ons ’n brain training-plan saam.”

Die neuro-opleiding is daarop afgestem om nuwe, voordeliger neurologiese paadjies in die brein te skep en te vestig. Hiervoor word sagteware met spesiale algoritmes gebruik. Prakties beteken dit jy sit met oorfone voor ’n rekenaar en voer sekere take uit: jy kyk byvoorbeeld na ’n DVD, doen ’n visualisering of voltooi ’n legkaart. Sommige take vereis geen konsentrasie nie en jy kan selfs aan die slaap raak.

“Terwyl jy die take uitvoer, speel ons jou breingolwe terug in die vorm van kleur en klank,” sê Lize Maritz, ’n Brain Harmonics-praktisyn van Johannesburg. “Die spoed van verskillende breingolwe is as verskillende klanke geprogrammeer – beta-golwe word byvoorbeeld kitaarklanke.

“Die doel is om jou brein onmiddellike terugvoer te gee en die gewenste golfpatroon te beloon. ’n Bieptoon sal byvoorbeeld aandui jou breingolwe het die verlangde spoed in ’n sekere breinlob bereik. Jou brein assosieer die biep met die verandering, en werk saam om die klank weer en weer te hoor. ”

“Ons gee nie net belonings nie, maar weerhou dit ook.”

’n Kind wat wil leer om beter te fokus se rekenaarskerm sal byvoorbeeld dof raak wanneer die breingolfpatroon nie optimaal is nie. Dit voorkom dat hy verder met sy rekenaarspeletjie kan vorder. Die brein besef dadelik wat aan die gang is en vervaardig golwe wat die saak regstel.

“Die praktisyn monitor die hele proses sodat die brein dikwels genoeg beloon word om betrokke te bly. Nes ’n spier wat geoefen word, word die brein deur die opleiding versterk. Daarna kan dit vinniger en meer in pas met ’n gegewe situasie reageer.”

“Die uitdaging is om die nuwe neuropaadjies vas te lê sodat die verandering permanent is,” sê Kerry. “Daarvoor gebruik ons intensiewe opleidingsessies of intensives. Nuwe paadjies bly gewoonlik 24 tot 48 uur aktief; daarna neem die ou paadjies weer oor. Intensives behels opleidingsessies van twee tot vier uur elk, met ’n gemiddeld van 12 tot 20 uur, binne sewe tot tien dae. Kinders onder twaalf kry korter sessies.”

“Dis harde werk om die nuwe paadjies te skep; jou brein het laas in hierdie tempo verander toe jy vyf of ses was. Kliënte se gewilligheid om aktief aan die proses deel te neem is beduidend vir ’n suksesvolle uitkoms. Hulle moet genoeg slaap en tydens die opleiding plus drie weke daarna baie water drink, proteïenryke kos eet en omega-olies drink. Hulle moet verfynde suiker, alkohol, kafeïen, kitskos en ontspanningsdwelms vermy omdat dit die delikate, nuwe neuropaadjies kan beskadig.

“Ná drie weke evalueer ons die kliënt. As die paadjies nie volkome gevestig is nie, doen ons ’n top-up van twee tot vier uur. Sowat tagtig persent van ons kliënte het daarna nie weer ons hulp nodig nie terwyl ander kan terugval. Nog ’n aanvulling stel die saak gewoonlik reg. Ons raai mense aan om hulle jaarliks te laat toets, nes jy jaarliks ginekoloog toe gaan. ’n Spannende werksituasie, fisieke of emosionele geweld of ander trauma kan jou laat terugval. Dit gebeur veral met mense wat baie alkohol, dwelmmiddels of medikasie gebruik het, of by wie ’n ernstige toestand soos bipolêre siekte gediagnoseer is.”

Lees ook: Bly jonk en bou breinselle

Is die opleiding veilig?

Ja, dis nie-indringend, pynvry en veilig vir alle ouderdomme. Dit kan nie jou persoonlikheid verander nie. Jy hoef ook nie hard te probeer om die proses te laat slaag nie; jou brein kry die nodige terugvoer en beweeg in die verlangde rigting.

“Neuro-opleiding kan wel pynlike herinneringe of emosionele ongemak na vore bring, maar dis deel van die groei- en helingsproses. Soms ervaar mense lighoof-digheid, ligsensitiwiteit, hoofpyn of moegheid ná ’n sessie. Ander voel weer asof hulle ’n energie-inspuiting gehad het.

“Soms het kliënte minder van hul voorgeskrewe medisyne nodig namate die brein meer balans bereik. Ons beleid is dat hul dokters die saak hanteer.

“Brain Harmonics kan jou help om slegte gewoontes af te skud, rustig te slaap, jou uitkyk, motivering en konsentrasie te verbeter en makliker te fokus op die take waarmee jy besig is. Dit verlig ook depressie en angs. Die breine van die meeste mense is gewillig en gelukkig om opgelei te word – met uitstekende gevolge!”

Lees ook: 8 maklike breinoefeninge wat vir almal werk

Ons enigste hoop

“My seun, Le-Urtis (18), het van jongs af uitgeblink in sport, maar met die akademie gesukkel,” sê Anika Luke van Pretoria. “’n Arbeidsterapeut het bevestig dat hy konsentrasie- en fokusprobleme het.

“Hy is ’n dromer en ‘raak weg’ in die klas. In die laer grade het ek hom help leer, maar later moes hy alleen regkom. Ons het ook gesukkel om hom soggens wakker te kry – ons moes ’n uur ekstra toelaat.

“As ouers het ons verstaan dat hy nie bogemiddeld presteer nie, maar wou ook nie ondergemiddelde uitslae aanvaar nie. Hy het hard geleer vir eksamens maar die resultate het dit nie weerspieël nie. Dit was vir ons belangrik dat hy matriek slaag – selfs al sou hy ’n sportloopbaan kies, moes hy iets hê om op terug te val.

“In Maart van sy graadtienjaar het Le-Urtis van skool verander. Hy het rugby gespeel vir die o/16 A-span, maar sy skoolwerk het agteruitgegaan en hy moes die graad herhaal. Die jaar daarop het hy eerstespan gespeel. Hy het in die week tot laat geoefen, en naweke het die span elders gaan speel. Hy was heeltyd moeg. Ons het besluit hy moes die rugby laat staan en net op skoolwerk fokus. Dit het nie die gewenste uitwerking gehad nie.

“Ek het die Brain Harmonics-konsep reeds vroeër op die Internet teëgekom, maar toe besluit om Le-Urtis eers na ’n opvoedkundige sielkundige te neem. Sy het gesê hy het nie die vermoë om matriek te slaag nie en moet na ’n remediërende skool gestuur word. Ek was platgeslaan. Ek het met ’n paar mense oor Brain Harmonics gepraat, maar hulle het dit óf nie geken nie óf gesê ek kan nie toelaat dat iemand ‘in sy brein krap’ nie.

“Ek het besluit om Brain Harmonics ’n kans te gee. Le-Urtis moes die sielkundige verkeerd bewys! Hy het geweet ek glo in hom. Lize Maritz het hom geëvalueer en onder meer gesê hy sukkel om te fokus, en snags bly sy brein so besig dat hy nie rus kry nie. Sy het ook verduidelik dat hy weens vorige trauma in konfrontasie ‘vries’.

“Ná die eerste intensive was Le-Urtis geïrriteerd, wat nie met sy geaardheid strook nie. Ek het gewonder of ons ’n verkeerde besluit geneem het maar binne ’n week was hy soggens dadelik wakker. Hy het kleur beter gesien, was meer oplettend in die klas en kon makliker leer. Dit was vir hom swaar om suiker ses weke lank uit sy dieet te sny, maar hy het selfs op sy verjaardag deurgedruk!

“Le-Urtis se gemiddeld het van ’n 2 na ’n 4 gestyg. Hy het matriek met ’n hoër sertifikaat geslaag – beter as wat ek in al die jare van kommer sou kon droom. In Desember 2016 is hy gekies om in Doebai rugby te speel, en vroeg vanjaar het hy met ’n rugbybeurs na Nieu-Seeland vertrek. Lize en Brain Harmonics het vir ons hoop gegee!”

Lees ook: Brain Harmonics gevallestudie: Ons vyfjarige sê mamma!

Kerry Rudman en Lize Maritz werk in Kaapstad, Durban, Johannesburg en Pretoria en reis ook op aanvraag: brainharmonics@gmail.com of www.facebook.com/BrainHarmonics – sien ook
@brainharmonics (twitter).

Hierdie artikel het oorspronklik in 2017 verskyn.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Kry katte en honde ook Alzheimersiekte?

Kan my kat of hond ook Alzheimersiekte kry? Dis wat jy moet weet oor "canine…

2 hours Gelede

Hoe om die kleredragreëls op uitnodigings te verstaan

Sodra jy dink jy het al die voorskrifte onder die knie, hoor jy daar is…

2 hours Gelede

Is jou kleinding se sintuie oor- of ondersensitief?

Het jy geweet jou baba of peuter moet letterlik leer om sintuiglike inligting te filtreer…

2 hours Gelede

Waatlemoen-pizza met gebraaide feta

Die nuwe (en gesonder!) pizza - in slaai-vorm!

2 hours Gelede

Bessiejellies

Genoeg vir 6 Bestanddele   625 ml (2½ k) tee-en-vrugtesap 30 ml (2 e) gelatienpoeier…

3 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Len Muller oor sy passie vir musiek en sy gesin

Buiten vir sy uitsonderlike talent as musikant en liedjieskrywer, is Len Muller ook bekend as…

4 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.