kategorieë: Ons menseBekendes

Netflix stel binnekort eerste Afrikaanse reeks internasionaal vry

Dit word op 26 Augustus gelyktydig in 190 lande vrygestel. Ludik is in verskeie tale oorgeklank, waaronder Frans, Portugees, Pools en Spaans. Die voertaal is grotendeels Afrikaans, met Engels en Shona tussendeur, maar alles het onderskrifte.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write('
'); }

Van links is Sbu Mpungose, Netflix skakelbeampte vir Sub-Sahara Afrika, Frankie du Toit (uitvoerende vervaardiger), Anele Mdoda (uitvoerende vervaardiger) en Paul Buys, wat die rol van Aldo in Ludik vertolk, maar ook die mede-vervaardiger, mede-skepper en uitvoerende vervaardiger van Ludik is, saam met Annemarie van Basten, wat ook die draaiboekskrywer is.

Die hotel se sitkamergedeelte is vir ’n hele oggend in ’n mini Netflix-ateljee met strooikussings oral omskep.

Arnold speel Daan Ludik, ’n baie ryk Pretoriase sakeman, wat ’n meubelwinkel wat meubels en matte verkoop, besit. Sy gesig is op TV, groot advertensieborde langs snelweë en hy is op die oppervlak die beeld van ’n goeie Afrikaanse sake- en gesinsman, maar hy het diep wortels in die onderwêreld.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write('
'); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Van links is vier van die manlike hoofspelers in Ludik: Jandre le Roux wat die rol van die skurk, Burian Zelinski (Bells), speel, Sean Cameron Michael wat die Ierse wapensmokkelaar, Arend Percival Brown, vertolk, Rob van Vuuren as Swys de Villiers, Daan se swaer, en Arnold Vosloo as Daan Ludik.

Sy trofee-vrou, Anet, gespeel deur Diaan Lawrenson, en die kind wat hulle saam het, die elfjarige Danie, sorg vir genoeg familiedrama om kykers vasgenael te hou.

Lees nog: Kanonkop se jongste Paul Sauer nou beskikbaar en Cab kom

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write('
'); }

Diaan Lawrenson as Anet Ludik en Inge Beckmann wat die rol van Rina Goosen, Daan se sekretaresse by die meubelwinkel, speel.

Daan se swaer word ontvoer, sy vertroueling in Zimbabwe gekaap en Daan moet met misdadigers onderhandel wat wapens smokkel. Dinge dreig om handuit te ruk toe hy tronkstraf in die gesig staar en sy gesin kan verloor.

Tina Redman as Lil, Arnold Vosloo as Daan Ludik, die veteran-akteur Tshamano Sebe as Charles Dzike, Daan Ludik se regterhand, en Jandre le Roux wat die rol van die skurk, Burian Zelinski (Bells), speel.

Daan en sy swaer se swaarkry-kinderjare bring lekker konteks aan die storie se diepte.

Diaan sê dit was ’n groot voorreg om aan die reeks te werk, veral omdat dit so baie vir Afrikaans wêreldwyd sal beteken.

Woorde en foto’s: Maryke Roberts

Deel
Gepubliseer deur
Gaynor Siljeur

Onlangse plasings

Vinnige lamskerrie

Vinnige lamskerrie 4 porsies Bestanddele: 1 ui, fyngekap 100 g kerriepasta 1 kg lamsvleis, in…

30 mins Gelede

Kry só jou tuin reg in Julie

Julie: Doen dit in die tuin     1. Snoei rose teen einde Julie of…

44 mins Gelede

Kry weer woema in die winter

As die winter jou vaal en verlep laat voel, is dit tyd vir ’n lekker…

3 hours Gelede

Sagte rogbrood

Bak hierdie lieflike en geurige brood en vul jou huis met die hartverwarmende geur van…

3 hours Gelede

5 maniere om meer selfvertroue te hê

Ons wil almal die soort vrou wees wat ’n kamer binnestap en selfvertroue uitstraal. Gebruik…

21 hours Gelede

‘n Velsorggids vir elke ouderdom

Soos ‘n mens ouer word, raak dit moeiliker om die sigbare tekens van elke verbygaande…

22 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.