kategorieë: Ontspanning

Net liefde vir Namibië onder SA se grootste kunstenaars!

Die Heuwels Fantasties, Francois van Coke, Die Piesangskille, Early B, Justin Vega, Robbie Wessels, Rikus Nel, Spoegwolf, Appel, Jack Parow, Riaan Benade, Kurt Darren, Karlien van Jaarsveld en spesiale Namibiese kunstenaars Sagarias Tsam, Lin-Mari, en Vaugn Ahrens gaan sorg vir `n onvergeetlike musiek-dag op Saterdag 21 September, Vegkop, Windhoek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Neville Basson is die seremoniemeester.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die Suid-Afrikaanse kunstenaars wat by Liefde by die Nam (in samewerkingmet Kosmos 94.1) optree, is dit eens dat Namibië een van die mooiste lande in die wêreld is. Karlien van Jaarsveld sê: “Namibië se mense is lekker mense en dit maak dit vir ons lekker. Ons gaan alles gee op daai verhoog!”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Early B sê die Namibiërs se gesindheid en gasvryheid maak dit vir hom spesiaal. “Hulle hou hard partytjie en praat so lekker Afrikaans. Ek voel altyd goed wanneer ek my taal met liefde kan deel. Ek kom met die lekkerste set wat ek nog ooit in Nam gedoen het. Ek gaan ook my nuutste liedjie daar doen wat nog moet uitkom, so hulle hoor dit eerste en ekslusief by Liefde by die Nam. Hulle sal moet reg kom om te dans.”

Robbie Wessels vertel: “Daar is `n bekoring aan Namibië wat mens nie regtig in woorde kan beskryf nie. As mens ry daar op die soutpaaie tussen Walvisbaai en Henties dan voel mens dit. Dit is net super spesiaal. Ek bring my grootste kuier-liedjies. Hoop ek Sien julle daar!”

Jack Parow maak so gereeld as moontlik `n draai in Namibië. “Ek LOVE dit daar. Die mense het so baie gees. Van my set by Liefde by die Nam kan hulle groot energie, groot spiere en groot doppe verwag. Dit gaan juig lat die die walms styg!”

Maak gereed vir ‘n ongelooflike dag van musiek, liefde, en pret!”

Koop jou kaartjies nou by www.liefdebydiedam.co.za

– Algemene Toegang: 299 NAD

– VIP (sluit vinnige toegang, toegang tot VIP-gebied, en sitplekke met eie kroeg en toilette in): 2999 NAD

– Kinders (4-12 jaar): 200 NAD

– Kinders onder 4: Gratis toegang

Lees ook: Ses aanhalings en vyf feite oor ‘Nêrens, Noord-Kaap: Deel II’ se eerste episode

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Net drie spanne oor ná stormagtige braai-uitdaging

In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…

4 days Gelede

Pak jou somerlinne só weg

Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…

4 days Gelede

Foute wat jy moet vermy wanneer jy jou slimfoon laai

Deur Jade Rhode   As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…

4 days Gelede

Was jou grimeerkwassies só

Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld?  - Tirsa van Staden Lees…

4 days Gelede

‘The Mommy Club’ se Ansu Viljoen: ‘Nie almal is bedoel om in jou binnekring te wees nie’

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

4 days Gelede

Suurlemoen-en-klapper-skywe

Resep deur Vickie de Beer

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.