kategorieë: Ons menseBekendes

‘Nêrens, Noord-Kaap’ se talentvolle jong spelers

Daar is ’n gesegde in die vermaakbedryf dat jy nooit met kinders, water of diere moet werk nie. Dit het die skrywer en regisseur van Nêrens, Noord-Kaap, Nico Scheepers, beslis nie afgesit nie. Reeds met die eerste reeks het hy vier jong spelers sentraal tot die sukses gemaak en in Deel II wys dié vier weer hulle staal, met twee jong aktrises wat hulle by die span aansluit. Interessant is twee van die Adendorff-boeties – Thommi en Luan Swanepoel – en die twee jong aktrises – Nina en Inge Dippenaar – in die werklike lewe broers en susters.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Nina Dippenaar
Inge Dippenaar

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Nina en Inge: Deur dik en dun

Die Dippenaar-susters wat onderskeidelik die rolle van klein Lorrie en Marli, Lourens se skoolvriendin, speel, is al twee leerlinge van Curro Durbanville. Nina is 16 en in graad 10 en Inge is 17 en in graad 11.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Nina, vertel ons meer van jou rol in Nêrens, Noord-Kaap Deel II.

My karakter is die 14-jarige Lorrie Willemse. Sy is die hardkoppige “girl next door”. Sy en klein Frans (Thommi Swanepoel) het ’n band en ons sien waar hulle verhoudig begin het. Wat ek nie kan glo nie, is die ongelooflike ooreenkomste tussen my en Shana Mans wat ouer Lorrie speel. Ons lyk en klink dieselfde.

Wat was jou reaksie toe jy gehoor het jy het die rol gekry?

My eerste gedagte was dat ek so bly is dat ek weer ’n kans sou kry om saam met Nico Scheepers te kan werk! Ek was deel van die verhoogproduksie Katvoet waarvan Nico die regisseur was. Ons het in 2019 al die feeste met die produksie besoek en mekaar toe reeds goed leer ken. Nico is ook baie betrokke by Curro Create, Curro-skole se platform vir kreatiwiteit wat drama insluit. Tussen Katvoet en Curro Create is ek so bly hy het my onthou toe hy vir jong Lorrie moes kies. En dan natuurlik net die opgewondenheid om te weet ek kry ’n kans.

Was drama nog altyd deel van jou lewe?

Dit was nog altyd deel van ons gesin! Al vyf van ons gesinslede deel hierdie liefde, passie en belangstelling. Ek was in graad 3 toe ons skool Sound of Music gedoen het. Dit was beslis daar waar ek besef het hoe lekker dit vir my is. Selfs op daardie ouderdom was die harde werk en die lang ure vir my baie lekker.

Om teater-teater te speel saam met my susters is letterlik my gunsteling-herinneringe van toe ons klein was. Die beste was ons yslike dressing-up mandjie wat ons gehad het. Dit is al wat ons nodig gehad het en het ons ure besig gehou.

Hoe ondersteun julle mekaar?

Ons kon by die huis ons ervaringe deel, alhoewel dit baie anders was. Ek en my ma is Noord-Kaap toe vir al my tonele en al Inge s’n was in die Kaap geskiet.

Wat wil jy graag doen wanneer jy klaar is met skool?

Op hierdie stadium weet ek glad nie, maar ek weet dat ek baie graag wil reis en nie in ‘n kantoor wil werk nie.

Wat was vir jou die hoogtepunt met die maak van Nêrens, Noord-Kaap Deel II?

Die hoogtepunt was dat ek kon deel wees van die “binnekant” van die reeks.

Toe ek die eerste reeks gekyk het, het ek na die jong karakters Frans, Ronnie en Andries gekyk en gedink hoe lekker dit moet wees om dit te kan speel. Dit was ’n stil oomblik en, glo my of nie, ek het gedink ek sou die jonger weergawe van Lorrie kon speel. Dit is bietjie creepy!

Waar hoop jy is jy in tien jaar?

Daar is vir my meer opwindend om nie te weet waar ek oor tien jaar is nie, maar ek hoop dat ek gelukkig sal wees.

Inge, vertel ons meer van jou rol in Nêrens, Noord-Kaap Deel II.

My karakter is die 14-jarige Marli. Sy is baie lewendig en ’n “drama kid”. Sy word reeds in episode twee gefassineer met Lourens, of “swem-kind” soos sy hom noem.

Wat was jou reaksie toe jy gehoor het jy het die rol gekry?

Ek het gedink: hier begin my pad. As ek ’n saadjie moes plant om ‘n boom te groei, is hierdie die saadjie wat ek wou plant.

Was drama nog altyd deel van jou lewe?

Absoluut! Van kleintyd af. Dit is deel van byna elke core memory. My ma het van kleintyd af vir ons elke vankasie geneem om kinderteater te gaan kyk. Ek onthou my eerste “grootmens” produksie (Singing in the Rain by Artscape) soos gister. Skoolkonserte is van my hoogtepunt-skoolherinneringe.

Letterlik elke tuisvideo wat ons het, is ’n show wat ek en my twee sussies gedoen het. Of dit nou op die stoep, op die koffietafel of in ’n koepelvenster was.

Hoe ondersteun julle mekaar?

Ons was nooit saam op stel nie, maar ons kon by die huis ons ervaringe deel, alhoewel dit baie anders was. Aangesien dit ’n gedeelde belangstelling in ons huis is, is die gesprekke rondom dit altyd maklik en die ondersteuning vloei outomaties.

Wat wil jy graag doen wanneer jy klaar is met skool?

Hierdie is ’n kopkrapper. Ek soek die perfekte match tussen besigheid en toneel. Wat ek wel weet, is dat hierdie my brandende passie is en dit is waar ek wil bly en waarde voeg.

Wat was vir jou die hoogtepunt met die maak van Nêrens, Noord-Kaap Deel II?

Om te weet dat my eerste kans om in ‘n reeks te wees, was om deel te wees van een van die beste Afrikaanse reekse. Ek het die eerste reeks verslind en kon nie glo dat ek deel van die tweede deel kon wees nie.

Waar hoop jy is jy in tien jaar?

Ek is altyd 100 persent Inge. Ek glo dit gaan my neem waar ek behoort te wees. Wat ek ookal doen, weet ek dit sal in Suid-Afrika wees. Ek wil beslis die wêreld plat reis, maar my huis is hier. Dit is hier waar ek sal probeer om my merk in die industrie, in watter vorm ookal, te maak. Die grootste lekkerte is om te sien hoe dit ontvou.

Nêrens, Noord-Kaap DEEL II wys Dinsdagaande om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144). Episodes is ook beskikbaar op DStv Stream en Catch Up.

Lees ook: Om weer in Andries se skoene te klim: De Klerk Oelofse oor sy pad met ‘Nêrens, Noord-Kaap’

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Vier koffiedag met hierdie resepte!

1 Oktober is Wêreld-koffiedag! Vier die dag saam met ons deur hierdie lekker resepte te…

14 hours Gelede

Sê ‘ja’ vir Akkermansia en ’n gesonder jy!

Die wêreld van gesondheid en welstand is een wat voortdurend ontwikkel. Akkermansia muciniphila, ’n innoverende…

1 day Gelede

Vyf blitsfeite oor kykNET se splinternuwe komediereeks, ‘Banana Air’

kykNET se spliternuwe komediereeks, Banana Air, begin op 30 September, en met Westel Produksies agter die…

1 day Gelede

5 maklik en vinnige resepte vir die week

Jy moet hierdie week dié 5 vinnige resepte maak - van speseryerige hoendervlerkies tot die…

2 days Gelede

Suidooster: Kyk uit vir dié vyf kinkels in Oktober

Dié vyf storielyne gaan kykers op hete kole laat:    Daar is sonder twyfel ’n…

2 days Gelede

Alzheimersiekte: Kan jy dit keer?

Net 10% van mense bo 70 het beduidende geheueverlies, maar hoe ouer jy word hoe…

5 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.