kategorieë: KalenderOntspanning

Neon Run 2017

Teen hierdie tyd weet die meeste mense dat Suid-Afrika se blinkste nagwedren, Neon Run, op 2 September in Johannesburg sal plaasvind. Hierdie wedren beloof pret vir die hele gesin met lekker vermaak en neonligte.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Daar is nie baie rede om gespanne te wees wanneer jy ’n 5 km aanpak nie, maar vir enige nuweling wat ’n bietjie rigting nodig het, is hier ’n paar nuttige wenke wat jou sal help om die meeste uit dié wedren te kry. Al het jy nog nooit eens 5 km gelóóp nie, kan jy, met ’n bietjie voorbereiding, ook uitblink op ’n 5 km-wedren.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
  • Jy hoef nie te hardloop tydens die Neon Run nie. Jy kan dit ook stap, of met jou fiets of skaatsplank aanpak. Welke vervoermiddel jy gebruik, maak altyd seker dat die bande en wiele die dag voor die resies getoets word om seker te maak dat geen glipse resiesdag plaasvind nie.
  • Maak seker jy dra ’n paar skoene wat reg is vir die resies. ’n Nuwe paar skoene gaan ingeloop moet word sodat hulle gemaklik is. Bly dus eerder by jou ou “werkesels” of begin om jou tekkies ’n ruk voor die resiesdag al te dra om blase te vermy (ons almal het gesien wat blase aan jou doen in die Wimbledon-finaal!)
  • ’n Bietjie oefening voor die tyd is altyd ’n goeie ding. Kry ’n groepie vriende bymekaar en roer julle litte! Daar is nog genoeg tyd oor voor 2 September om ’n bietjie renrepetisie in te werk. Begin deur kort afstande te loop en vermeerder dan die afstand stelselmatig. Daar is baie webblaaie en toepassings wat afrigtingsprogramme bevat wat jy kan volg.
  • Eet gesond. Eet heilsame etes voor die wedren. Kleiner porsies van proteïene en koolhidrate is ideaal om jou die nodige energie te gee wat jy sal gebruik op resiesdag.
  • Maak seker om goed gehidreer te bly voor die resies – maar vat dit stadiger so 30 minute voordat jy wegspring. Vat eerder klein slukkies water in plaas van groot mondevol terwyl jy hardloop.
  • Dit kan baie ongemaklik raak as jy skaaf. Meeste hardlopers smeer vaseline of babapoeier aan sensitiewe dele, so maak seker jy doen dit voor die wedren begin.
  • Warm voor die tyd op met ligte strekke. Om ’n spier te trek is nie pret nie, jy wil juis pret hê.
  • Maak seker jy bly aktief vir so 10 minute nadat die resies verby is. Doen ’n paar oefeninge om af te koel sodat jy nie die volgende dag styf (en spyt) is nie.
  • Sodra jy afgekoel het, maak seker jy kry klein porsies kos in. Oefening verbrand kalorieë wat vervang moet word om te vermy dat jy naar en flou voel.
  • Raak die volgende dag aktief. Lae-impak oefening sal help om styfheid te voorkom en om jou spiere aktief te hou. Dit sal help om enige skete of pyne te vermy.

Aan die einde van die dag is die doelwit van die wedren om dit te geniet. Die beste ding wat jy kan doen, is om voor te berei en gereed te maak om die aand aan die brand te steek met helder neonkleure – en ’n goeie tyd te hê terwyl jy dit doen!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Neon Run-besonderhede

Datum: Saterdag, 2 September 2017

Plek: St Stithians College, Sandton

Tyd: Die pret begin om 14h00 en eindig om 23:30

“Early Bird”-kaartjies is beperk en beskikbaar op die webwerf teen R180. Dit sluit ’n paar pret neonbykomstighede in. Ander opsies sluit in groep-afslae en korporatiewe-planne.

Besoek die webwerf vir meer inligting: neonrun.co.za

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Fluit-fluit, dié deelnemers se storie is uit…

In vandeesweek se episode het glanssjef Bertus Basson en koskenner Kobus Botha met nog ’n…

2 hours Gelede

Bruintjie-kolwyntjies

Hierdie bruintjie-kolwyntjie-resep is baie maklik en regtig smullekker! Deur Vickie de Beer

11 hours Gelede

Twee karakters, een aktrise: Sandi Schultz se mees uitdagende rol tot nou toe

Sandi Schultz verras weer in Diepe Waters (kykNET, DStv kanaal 144), maar dié keer as…

1 day Gelede

Romerige hoenderlasagne

Deur Vickie de Beer. Foto deur CRPhotographic

1 day Gelede

Rob Hersov op ‘Laataand by Rian’: “Raak van sosialistiese- en rasgedrewe wetgewing ontslae”

Rob Hersov is vir sommige ’n held, en vir ander ’n omstrede figuur as gevolg…

1 day Gelede

Schané Fouché: Skoonheid wat straal

Deur Maretha Botes. Foto’s: Hanneri de Wet           Wanneer Schané Fouché (32) haar hare…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.