kategorieë: Ons menseBekendes

Nelson Mandela Square bied ’n drie-maandlange fantastiese kunsuitstalling aan

Daar is onlangs ’n nuwe kunsuitstalling van internasionaal-gevierde plaaslike beeldhouer Anton Smit onthul, in samewerking met die Artyli Galery. Getiteld Colossal, Smit se versameling van betowerende stukke verander die Square in ’n opelug-galery, met meer as 20 skulpture wat ruim geposisioneer is om ontdek en geniet te word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write('
'); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write('
'); }

Kuns word dikwels as metamorfies in aard beskryf, omdat dit ’n kontemplatiewe spasie waar ons persepsies deur interaksie met ’n stuk wat met ons op ’n onderbewuste vlak praat, verander kan word. Met die stap deur Nelson Mandela Square voel mens genoodsaak om vir ’n oomblik stil te staan terwyl jy deur die skoonheid en krag van Smit se monumentale beeldhouwerke herskep word – al die skulpture is deur verskillende fasette van die Suid-Afrikaanse identiteit geïnspireer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write('
'); }

Lees nog: Kanonkop se jongste Paul Sauer nou beskikbaar en Cab kom

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die titelstuk van hierdie uitstalling is Colossal Youth, ’n 4 m-hoë skulptuur wat die gees van kontemporêre Afrika beliggaam. Smit is nie net ’n befaamde beeldhouer nie, maar ook ’n digter wat sy gedigte gebruik om sy kunswerke te beskryf. Van Colossal Youth skryf hy:

How the gold-striated landscape corrupted the life of man.

Making him slave to its infernal fire.

Transforming his identity from a child of the vast open spaces, to this shackled existence.

“Miraculously he emerged from the pit of Egoli, stronger than before,

and now stands proud but in submission to his heavenly Father

a symbol of the City of Gold.

My flesh covers the tough clay,

my bones to rocks are metamorphosed,

that’s the cold northern star burning

in my eyes, those legs, those thighs,

my monstrous trunk, my erect head,

here it ends” – Anton Smit.

Nelson Mandela Square is die tuiste van meer as 70 eksklusiewe inkopiepunte en restaurante, waarvan heelwat uniek in die land is. Daar word verwag dat Art, Live on the Square ’n gereelde instelling sal word, met verdere uitstallings wat vir die toekoms beplan word.

“Ons is verheug om die Colossal-uitstalling by Nelson Mandela Square te verwelkom,” sê Preston Gaddy, Algemene Bestuurder van Sandton City en Nelson Mandela Square. “Anton Smit se buitengewone kuns leen ’n nuwe lagie elegansie en sofistikasie aan ons bestemming en is die perfekte toevoeging tot ’n aand van lekker eet, ’n middag van inkopies of selfs wanneer jy net die prag van die Square geniet,” voeg hy by.

Die Colossal-uitstalling by Nelson Mandela Square, in samewerking met Artyli, sal tot 31 Oktober 2022 beskikbaar wees om te besoek. Daar is geen ingangsfooi om die uitstalling te besigtig nie.

* Uitstallingsdatums en -besonderhede is onderhewig aan verandering.

Vir meer inligting oor die skulpture, besoek www.nelsonmandelasquare.co.za.

Foto’s: Verskaf

Lees nog: rooi rose gesels met Ludik se Lea Vivier

Deel
Gepubliseer deur
Gaynor Siljeur

Onlangse plasings

5 maniere om meer selfvertroue te hê

Ons wil almal die soort vrou wees wat ’n kamer binnestap en selfvertroue uitstraal. Gebruik…

17 hours Gelede

‘n Velsorggids vir elke ouderdom

Soos ‘n mens ouer word, raak dit moeiliker om die sigbare tekens van elke verbygaande…

18 hours Gelede

Karamelspringmielies-en-mout-koekies

Gebruik ons resep vir basiese soetkoekies en maak hierdie lieflike karamelspringmielies-en-mout-koekies. Die koekieblik sal nie…

21 hours Gelede

Vanaand op ‘Een keer om die son’

Een keer om die son, volg die lief en leed van een familie oor die…

22 hours Gelede

Suidooster: Vyf stormagtige kinkels wag op kykers in Julie

’n Tornado van drama gaan glo Ruiterbosch, die fiktiewe Kaapse woonbuurt waar Suidooster afspeel, dié…

2 days Gelede

Maklike resepte vir ’n maand

Hierdie gesonde, smaaklike etes is die ideale uitweg vir almal wie se dae te vol…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.