Nektarien amandel en vinkel tert
Serves: 1 groot tert
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- 400 g (1 rol) klaarbereide blaardeeg (ontvries)
- 50 g sagte botter
- 50 g suiker
- 1 eier
- 50 g gemaalde amandels
- 12 ferm nektariens, in kwarte gesny
- 15 ml (1 e) vinkelsaad
- 100 g (80 ml) gladde appelkoos-of perskekonfyt
- ’n hand vol balsemkruidblare
- Voorverhit die oond tot 220 °C.
Instructions
- Rol die deeg sowat 4 mm dik op ’n meelbestrooide werkvlak uit. Voer ’n 21cm- vierkantige losboompan daarmee uit. Sny die deeg wat oorhang met ’n skerp messie af.
- Room die botter en suiker saam tot lig en donsig. Voeg die eier by en klits tot gemeng. Voeg die amandels by.
- Smeer die amandelvulsel oor die deeg. Rangskik die nektariens in rye op die amandelvulsel (jy kan dit maar lekker vol pak) en strooi die vinkelsaad oor. Laat vir 20-30min. in die yskas rus. Bak vir 25-30 min. of tot die deeg goudbruin is en die nektariens donker gebak is.
- Verhit die appelkooskonfyt en 60 ml (¼ k) water in ’n klein kastrol. Haal af en verf oor die tert terwyl dit nog warm is. Sit voor met hande vol vars balsemkruidblare.
Rooi Rose