Vandag is dit steeds een van die gewildste plaaslike produksies wat kykers saam laat swets, sweet en onwrikbaar in die liefde laat glo…
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Maar wat het die sterre van die sepie te sê en watter storielyne van die afgelope nege jaar tel onder hul gunstelinge?
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
My gunsteling-storielyn is steeds die tyd toe Justin steroids gebruik het. Dit was net lekker om vir drie maande te gym en gewigte op te tel, en lekker sterk te word. Dit was ’n skuif wat feitlik oornag plaasgevind het. Ook om die effekte en nagevolge van steroids te kan wys. Dít was vir my baie belangrik om te wys.
Fisies en mentally het dit my lekker besig gehad. En dit het my ook gelei na my Men’s Health cover, so dit was baie cool!
Daar’s nogal ’n hele paar storielyne wat vir my uitstaan. Ek hou van die komiese storielyne, soos byvoorbeeld toe Mymoena obsessed was met Olivia Johnstone (van White Oleander-faam).
Daai hele storielyn . . . ons het deurgaans gelag en klomp pret op die vloer gehad want Mymoena was starstruck en sy het haarself in situasies gesit, byvoorbeeld berg geklim om vir Olivia te kan sien. Sy’t ook Olivia se stukke ge-binge watch en dit was lekker om dit te speel.
Nog ’n gunsteling is die komediestorielyn met Desiré Gardner (as Carmen Fourie) en Jawaahier Petersen (as Kaashifa Samsodien) met die Hallie-happies . . . Ek dink een was waar ons al drie in die kombuis opgeëindig het en resepte gekombineer het. Ons het baie, baie gelag.
En dan natuurlik die storielyn met AB (Cedwyn Joel) en Farah (Lee-Ann van Rooi). Dit het my nogal op ’n ander manier uitgedaag. Ek moes met emosies en goeters gespeel het wat ek nog nie vantevore op Suidooster gespeel het nie. Dit het ’n heel nuwe kant van Mymoena na vore gebring.
Die dobbel-storielyn wat onlangs opgeduik het, is ook een van die storielyne wat baie sterk bo die ander vir my uitgesteek het (tot dusver . . . ). Met die dobbelry moes ek na ’n plek toe gaan waar ek weer goeters wakker moes gemaak het, jy weet, om weer toegang tot die addict in my body memory te kry. Dit was opwindend en weer ’n nuwe uitdaging vir my.
Dit was ook opwindend om Mymoena in ’n heel ander lig te sien.
My beste storielyn is toe Lee-Ann geglo het haar lewe is perfek . . . en toe daag Carlo (Jadon Booysen) op. Carlo was na Ty Daniels, vertolk deur Maurice Paige, se langverlore seun.
Alles het goed gegaan, sy’t die liefde van haar lewe ontmoet, hulle het op trou gestaan. Maar toe kom dié kind nou in die picture in en soort van ruïneer haar hele fantasie wat sy gehad het.
Vir my was dit ook baie belangrik om te vertel van Lee-Ann se uitdagings wat sy moes trotseer. Sy kon nooit kinders van haar eie gehad het nie. Nou sit sy met die vraag of sy die kind kan grootmaak.
Ek dink die grootste probleem vir haar met die kind was haar eie insecurity, die feit dat sy nie haarself vertrou het om ’n kind groot te maak nie. Tot waar Carlo in haar hart ingekruip het. Ek dink sy het haarself oopgemaak om vir hom te aanvaar as die extention van haar toekomstige man.
Daai was ’n baie beautiful storie en baie relatable vir enkelouers. En dit was ’n belangrike storie om te vertel. Dis my gunsteling tot nou toe.
Vir my is my gunsteling-storielyn die onlangse ene oor die fine dining-restaurant wat Nazeem en Kaashifa (Jawaahier Petersen) oopgemaak het en die hele drama rondom dit. Ek het dit baie geniet. Dit was pret en verfrissend, dit was nie so donker en vol kriminele nie . . . ag wel, hier en daar lugtig wees . . . maar dit was great fun.
Die storielyn waar AB (Cedwyn Joel) doodgaan, is dalk my gunsteling-storielyn oor die afgelope nege jaar. Almal is wonderlik, maar hierdie een is veral vir my baie persoonlik juis omdat ek my eie pa ’n jaar voor dit verloor het.
Dit was vir my nog baie groot comfort om vir oom Cedwyn op die stel te gehad het, want hy was amper soos ’n tweede pa vir my. Toe hulle dít nou besluit het, moes ek myself nou rêrig konfronteer en met die verlies deel.
Die ironie is toe AB se begrafnis uitgesaai is op 4 Mei 2023 . . . dis presies ’n jaar na my eie pa begrawe is. So, jy kan nou dink dat dit ’n baie diep persoonlike storielyn vir my as aktrise was. Ook met die aanloop tot sy dood was daar nie een dag wat ek nie gehuil het nie.
Dit was goed dat ek ook deur my eie katarsis kon gegaan het met my eie biologiese pa.
Sjoe, daar is so baie! En dit gaan altyd oor jou mede-akteurs. Ek en Abduraghmaan Adams, wat my man Ian October gespeel het, het baie lekker saam gespeel. Ons verhouding was baie vurig en hy het my baie keer verneuk.
Toe Bridgette uiteindelik besluit sy gaan hom los, en hy val van die trappies af en hy’s in ’n koma . . . sy’t dit nie bedoel nie. Hy’t net geval.
Maar ja, toe kry Bridgette weer haar mag terug want hy het vir haar baie minderwaardig laat voel. Toe neem sy die maatskappy oor want hy’s in ’n koma.
Dit was één van my gunsteling-storielyne, maar daar’s nog baie wat lekker was.
Ek het werklik die storielyn van die verlore smaragring geniet! Daar was so baie kinkels en onverwagte gebeurtenisse en dit het op ’n feel good-noot geëindig. Boonop was dit heerlik om met Gantane Kusch (as Siya Thuli) te werk.
Sjoe, dis ’n moeilike een, dis asof jy moet kies wie jou gunsteling-kind is wanneer jy jou gunsteling-storielyn moet uitwys. Dis so na aan jou hart. Ek is gek, regtig gek oor al die storielyne wat ek al gedoen het.
Elkeen beskik oor iets anders met verskillende nuanses en keuses wat jy as akteur moet maak. Alhoewel, as ek na die meer onlangse storielyne kyk, dan is dit die een met Tim du Plooy (vertolk deur Marco Spamer) en myself.
Dit was hoofsaaklik sy storielyn gewees toe hy Suidooster verlaat het – en dit het nie daaroor gegaan dat hy die reeks verlaat het nie, maar oor die waarheid wat uiteindelik uitgekom het.
Daar was baie dimensies waarmee daar rondgespeel kon word. Zoe het besef haar hele lewe was eintlik ’n leuen. Ja, dis die storielyn wat vir my die sterkste uitstaan want dit het my die geleentheid gebied om basies my karakter se journey te onthou.
Dis ook waar hulle my ma ingebring het, so ’n bietjie van Zoe se geskiedenis, en dit het my ’n bietjie dieper kon laat delf oor my karakter se verhouding met haar ma. Dis ’n nuwe element vir my karakter en die vraag wat ontstaan het, is wat haar keuses nou gaan wees?
Ja, dit het my karakter ’n bietjie meer diepte gegee en gehelp dat ek haar ook beter kon verstaan. Dis nie noodwendig my gunsteling-storielyn nie, maar dis die een wat my die beste uitgedaag het.
Dis seker een van die hartseerste storielyn nog in Suidooster, maar dis die een waar Rhafiek en Carmen (Desiré Gardner) se kind gesterf het. Ek het my werklik diep in daai storie ingeleef.
Dis altyd lekker om saam met die Samsodiens te speel, spesiaal met Mymoena (Jill Levenberg) en AB (Cedwyn Joel), want ons lag die hele tyd. Mense sukkel om te verstaan dat ons deurentyd lag.
Daar is so ’n lyn toe Bianca (Simone Biscombe) na Ruiterbosch gekom het en sy’s nou hierdie meisiekind en ons almal vind toe uit sy’s eintlik Mymoena se kind.
Eendag soek AB die remote in die huis en hy vra: “Waar’s die remote, julle steek alles weg! Die remote, jou verlede . . .” en daar was ’n derde ding ook. Dit was so snaaks, ons lag al so lank vir daai lyn.
Ek weet dit klink baie stupid maar ons het daai dag gelê van die lag op die vloer. Selfs vandag nog laat “die remote, jou verlede” ons lag.
Suidooster word weeksdae om 18:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en 18:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) uitgesaai. Dit is ook beskikbaar op Catch Up, DStv Stream en Showmax.
Lees ook: Vyf-vinnige-vrae met Len Muller oor sy passie vir musiek en sy gesin
Die nuwe kaaskoek! Ons Suid-Afrikaners hou mos van ’n lekker yskastert. Maar ongelukkig is dit…
Genoeg vir 4-6 Bestanddele Sous 60 ml (¼ k) perskeblatjang 60 ml (¼ k)…
In die wêreld van Suid-Afrikaanse musiek is daar sterre, en dan is daar legendes. Jannie…
“Mens weet nooit, terwyl jy bloed en trane stort soos jy aan ’n produksie werk,…
Genoeg vir 4-6. Bestanddele 4 snye bruinbrood, korsies verwyder 125 ml (½ k)…
Is jou beker half leeg of half vol? Maak seker jy hou daardie metaforiese beker…
Hierdie webwerf gebruik koekies.