Bekende National Geographic-fotograaf, Stephen Alvarez, is bekend vir sy ongelooflike foto’s. Hy deel sy vyf topwenke vir die neem van foto’s met jou selfoon:
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }1 Hou die lig dop
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Lig is baie fel in die middel van die dag, vind dus ’n manier om dit tot jou voordeel te gebruik. Wees kreatief. Sonlig het ’n uitwerking op ’n foto, afhangende van watter tyd van die dag jy foto’s neem. Vroeggend is die beste tyd, aangesien sonlig sagter is en ’n spesiale glans aan objekte verleen.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }2 Neem hoog, laag en sywaarts
Moenie jouself beperk tot gewone afneemmetodes nie. Moenie bang wees om uit verskillende hoeke af te neem nie. Lê op die grond, klim ’n stel trappe of leun by die venster uit vir iets nuuts.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }3 Maak vriende
Portrette is pragtige foto’s wat ’n karakter en ’n storie in ’n oomblik kan vasvang. Maak nuwe vriende en moenie bang wees om te vra of jy ’n foto van iemand mag neem nie.
4 Gee aandag aan elke hoek van jou foto
Omraam jou foto’s met verskillende lae soos bome, blare, berge, ens. Dit sal diepte aan jou foto gee. Gee ook aandag aan hoe baie jy die foto sny.
5 Neem vroeg en laat af
Die beste lig is definitief gedurende die "goue uur" (die eerste uur van die dag en die uur voor sonsondergang). Die sonlig is dan gefiltreer deur die atmosfeer, wat die skerp blou kleur van die lug verwyder. Gebruik dit tot jou voordeel.
Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…
Daar het ook ’n spesiale gas opgedaag – dié keer was dit Jess van Dyk…
Genoeg vir 4 Bestanddele 15 ml (1 e) olyf- of avokado-olie 1,5 kg lamsvleis…
Die ergste toeriste-gedruis na al die langnaweke het effe bedaar, die kole suis gesellig en…
Die emosie het met tye hoog geloop toe Rian van Heerden die radio-legende Darren Scott…
Onthou jy knus voorleestydjies op jou ma of ’n ander volwassene se skoot? Dis vandag…
Hierdie webwerf gebruik koekies.