Deur Catherine Schenck. Foto Twitter @rogerfederer
Die wêreldbekende tennisster Roger Federer het verlede week ’n droomweek gehad nadat hy sy 97ste loopbaantitel het by die ABN AMRO-Tenniswêreldtoernooi in Rotterdam gewen het. Dit beteken ook dat hy nou weer die nommer een-titel dra in die tennisranglyse. Federer is die oudste tennisspeler wat die nommer 1-rangplek hou. Hy is 36. die vorige oudste manlike speler met hierdie titel was André Agassi op die ouderdom van 33, en die oudste vroulike speler was Serena Williams wat op 35 nog nommer een was. Sy het sedertdien laer af op die skaal beweeg. Federer het in 2004 die eerste keer die nommer-een posisie beklee op die ouderdom van 22 en kon in 2012 laas hiermee spog. Verlede jaar hierdie tyd was Federer gereken as 17de op die lys, maar na ’n kragtoer van ’n jaar is hy uiteindelik weer heel bo – en hy voel baie goed daaroor.
Apparently I’m the oldest tennis player with a #1️⃣ ranking. Somebody might have mentioned that to me already but I had a hard time hearing ??
— Roger Federer (@rogerfederer) February 16, 2018
It’s been a long road, and sometimes windy, but feels surreal to be back at the top. I’m just happy to be healthy and playing tennis every day ????
— Roger Federer (@rogerfederer) February 17, 2018
Lees ook oor Roger Federer se indrukwekkende Wimbledon 2017-oorwinning
Die Suid-Afrikaanse tennisspeler Kevin Anderson het intussen ook in die top-10 geval op die wêreldranglys na ’n onlangse oorwinning by die New York-ope: hy is nou nommer nege.
I’m back in the top 10 tomorrow ??
— Kevin Anderson (@KAndersonATP) February 19, 2018
Happy to celebrate my @NewYorkOpen win with my team, family and friends. Thanks to all the fans for your support and nice messages. ? pic.twitter.com/N4xTWnMiD4
— Kevin Anderson (@KAndersonATP) February 19, 2018
Die BAFTAs (British Academy for Film and Television Awards) het hierdie naweek plaasgevind. Die toekenning vir die beste rolprent het gegaan aan Three Billboards Outside Ebbing, Missouri. Guillermo del Toro is aangewys as beste regisseur met sy film The Shape of Water; Gary Oldman is aangewys as beste akteur vir sy hoofrol in The Darkest Hour en Frances McDormand het die toekenning vir beste aktrise ontvang vir haar hoofrol in Three Billboards Outside Ebbing, Missouri. Die BAFTA-Fellowship-toekenning is oorhandig aan Ridley Scott, bekend (onder meer) vir sy films Alien, Blade Runner en Gladiator. Die koninklikes William en Catherine het ook hierdie geleentheid bygewoon om dit te ondersteun en het selfs ’n paar toekennings te oorhandig.
This evening The Duke and Duchess of Cambridge are attending the EE British Academy Film Awards at the Royal Albert Hall. pic.twitter.com/AfKWk2xUSC
— Kensington Palace (@KensingtonRoyal) February 18, 2018
Adam Levine, die voorsanger Maroon 5 en sy model-vrou van Namibië, Behati Prinsloo, het die naweek ’n dogtertjie ryker geword. Volgens berigte is haar naam Geo Grace, kleinsus van die 15 maande oue Dusty Rose.
Lees ook oor Behati se vorige groot nuus en hoeveel kinders sy graag wil hê
https://www.instagram.com/p/BdZOeYQlGY9/?hl=en&taken-by=behatiprinsloo
Het jy geweet? Die Marvel-film Black Panther, wat op Vrydag 16 Februarie 2018 in Suid-Afrika begin draai het, het verskeie Suid-Afrikaanse akteurs in. Die gevierde dramaturg en akteur, Dr John Kani, speel die rol van Koning T’Challa, en sy seun Atandwa Kani vertolk die rol van Koning T’Challa as jong man. Die aktrise Connie Chiume, bekend vir haar vertolking in die sepie Rhythm City, het ook ’n rol in die fliek.
https://www.instagram.com/p/BeliNqMnI5g/?hl=en&taken-by=atandwakani
Ons gunsteling-foto van die week is hierdie een wat Dunay van Heerden van manlief Kurt Darren en dogtertjie Kyrah gedeel het. Kyrah sit ’n bietjie kleur in haar pa se wange. Hoe oulik is dit nie!
Lees ook ons onderhoud met Kurt Darren
https://www.instagram.com/p/BfKk5R-nwRf/?hl=en&taken-by=dunayvanheerden