Johnny Clegg se laaste konsert is Saterdagaand in Johannesburg gehou as deel van sy Final Journey-wêreldtoer. Clegg tree binnekort uit sy musiekloopbaan. Lees ons onderhoud met hom in die Desember 2017-uitgawe van rooi rose, wat nou beskikbaar is op winkelrakke.
That was phenomenal #Johannesburg! Thank you for joining us for @JohnnyCleggReal#TheFinalConcertpic.twitter.com/j96cHM5tVA
— Real Concerts (@RealConcerts) November 12, 2017
Last night, backstage. Awesome pic by @missjinamin ❤️ pic.twitter.com/ZMNW7jgiXx
— Jesse Clegg (@Jesse_Clegg) November 12, 2017
Kyk na ons mooi Desember-voorblad met Elma Postma.
Dis feestyd en ons Desember-uitgawe met aktrise @Elma_Postma op die voorblad is eerskomende Maandag op die rakke! #rooirose75pic.twitter.com/bjeNIzqi49
— rooi rose (@rooi_rose) November 10, 2017
Kry hier ook ’n kykie agter die skerms van ons voorbladsessie met Elma.
Angelique Potgieter het verlede week onthul dat haar tweeling dogtertjies is, en sy het foto’s van die sonogramme gedeel. Oor die naweek het sy verder haar mooi swangerskapfoto’s gedeel op Instagram. Kyk net hier.
Gisteraand was die Suid-Afrikaanse Sporttoekenningseremonie. Die wenner van beste sportman is aan die verspringatleet Luvo Manyonga, en die beste sportvrou is oorhandig aan Caster Semenya. Dyan Buis het die toekenning ontvang vir die beste sportman met ’n gestremdheid en Ilse Hayes het die toekenning ontvang vir beste sportvrou met ’n gestremdheid. Suid-Afrika se sewesrugbyspan, die Blitzbokke, is gekies as die Suid-Afrikaanse sportspan van die jaar 2017. Die prys vir beste nuweling is toegeken aan die hekkiesatleet Sokwakhana Zazini.
Thank you South Africa. I Feel proud to be a South African. Your love and support completes me. ❤❤❤
— Caster Semenya (@caster800m) November 13, 2017
In ander sportnuus was die Telkom 947 Bergfietsresies hierdie naweek in Johannesburg. Die wenners van die 55km-roete is as volg. In die mans-kategorie is Wessel Botha eerste, Jan Withaar tweede, en Pieter du Toit derde. In die vroue-kategorie is Samantha Sanders eerste, Theresa Ralph tweede, en Natalie Strydom derde. Volgende naweek (18 November 2017) sal die bekende padfietsren plaasvind. Sterkte aan al die deelnemers! Kyk net hier, die joernalis, rooi rose se eie Anet Schoeman, het deelgeneem, en sy ry ook hierdie week in die padfietsren.
Klaar! My eerste Telkom 947 mtb Cycle challenge, maar beslis nie die laaste nie. @AnetSchoeman @rooi_rose @947Cycle pic.twitter.com/MKJRHOKRby
— Anet (@AnetSchoeman) November 12, 2017
Hou jy van Anet se fietsrytrui? Jy kan ook een hier kry.
Daar is ’n toilet wat jy kan koop teen slegs $100 000. Wat maak dit dan so spesiaal? Wel, dis deur die kunstenaar Illma Gore en sy het egte Louis Vuitton-handsakke omskep in ’n troontjie in. Gore het vir drie maande hieraan gewerk en het 24 verskillende Vuitton-sakke gebruik gesamentlik ter waarde van $15 000.
Got bored and started cutting up Louis Vuitton bags. Blacked out and found this.. pic.twitter.com/oss8AlIBy3
— Illma Gore (@illmagore) November 6, 2017