kategorieë: Ons menseBekendes

Naweeknuus, 12 Februarie 2018

Deur Catherine Schenck. Hooffoto Twitter

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die Britse koninklikes het inligting op hul sosiale media gedeel oor Meghan Markle en Prins Harry se troue in Mei vanjaar. As jy nie weet nie, hul troudatum val op Saterdag, 19 Mei 2019, so begin solank sneesdoekies en vonkelwyn aankoop. Die huwelikseremonie sal om 12h00 plaasvind by die Heilige George-kapel in Windsor-kasteel. Die Dekaan van Windsor sal die seremonie lei terwyl die Aartsbiskop van Canterbury die diens sal lei wanneer Meghan en Harry trou aan mekaar beloof. Om 13h00 sal die pasgetroudes ’n prosessie meemaak van die Heilige George-kapel deur die dorp Windsor waarna hulle dan weer sal terugkeer, via die Long Walk, na Windsor-kasteel. Dié is die geleentheid waar hulle die publiek nooi om saam te kom deel in die feestelike atmosfeer van die dag. Hierna sal die gaste wat die huwelikseremonie bygewoon het saam met die paartjie onthaal hou in die Heilige George-saal by die kasteel en daarna sal die pasgetroudes ’n private aandgeleentheid hou om hul troue saam met hul naaste vriende en familie te vier.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write('
'); }

Lees hier oor Meghan en Harry se verlowingsaankondiging

Kyk hier hoe Meghan en Harry oor hul verlowing gesels

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Gepraat van koninklike troues: lees hier om meer uit te vind oor Koningin Elizabeth en Prins Philip se 70ste trouherdenking – en hul troudag!

Gister, 11 Februarie 2018, het die 28ste herdenking gemerk van oud-president Nelson Mandela se vrylating uit gevangenis by die Victor Verster-tronk in die Paarl. Buiten hierdie feit sou Madiba hierdie jaar ook 100 jaar oud geword het, en aandenkingsgeleenthede word regoor die land beplan.

Spacex, Elon Musk se private ruimtevaartmaatskappy, het verlede week (op Dinsdag 6, Februarie 2018), hul Falcon Heavy-vuurpyl by Cape Canaveral in Florida lanseer. Dit is die tweede grootste vuurpyl ooit en die enigste een wat tans gebruik word, nadat die groter Saturn V uit bruik geneem is in die 1970s. Dié ruimtemaatskappy fokus ook daarop om hul vuurpyle weer te kan gebruik – min ander ruimtemaatskappye kan hiermee spog. Om vuurpyle meer as een keer te kan gebruik, beteken dat dit nie net veiliger is nie, maar ook dat hulle aansienlike bedrae geld spaar.

Daar word gehoop dat hierdie beginsel ander ruimtemaatskappye sal aanspoor om meer innoverend te dink oor vuurpyle en wat ons daarmee kan doen. Hierdie ontwikkelings in tegnologie het belangrike implikasies, die grootste daarvan dat dit ons toelaat om nie net in die aarde se wentelbaan in te beweeg nie, maar inderdaad die dieper ruimte in, om byvoorbeeld maan toe te gaan, of Mars toe – met mense as passassiers en bemanning.

As toetslading het Spacex ’n produk van een van Musk se ander besighede gebruik – ’n kersierooi Tesla-motor, met ’n pop geklee in die amptelike Spacex-ruimtepak daarin – arm by die venster uit geposeer. Binne-in hierdie motor is daar ’n speelgoedmodel van dieselfde Tesla; daar is ’n plaatjie op die paneelbord met ’n aanhaling uit Douglas Adams se Hitchhiker’s Guide to the Galaxy, “Don’t Panic” en die radio speel David Bowie-liedjies: een wat vra “Is there life on Mars?” (nie dat mens dit in die ruimte sal kan hoor nie). Die plan is dat hierdie lading tot in Mars se wentelbaan beweeg, waar daar moontlik vir miljoene jare ’n rooi motor kan wentel om die Rooi Planeet.

Die Olimpiese Winterspele 2018 het op Vrydag, 9 Februarie in PyeongChang, Suid-Korea afgeskop. Alhoewel daar nie baie Suid-Afrikaanse atlete is wat deelneem nie, is daar verskeie sportsoorte wat die aandag vir die volgende twee weke sal hou. Boonop is hierdie Spele interessant om te volg om ander redes, byvoorbeeld polities: Rusland se amptelike Olimpiese komittee mag nie deelneem aan vanjaar se Spele nie aangesien ’n groot hoeveelheid Russiese atlete in die 2014-spele skuldig bevind is aan die onwettige gebruik van middels. Tog is daar heelwat Russiese atlete wat deelneem in ’n minder amptelike kapasiteit onder ’n ander spannaam. Dit is ook die eerste keer in ’n lang tyd dat Suid- en Noord-Korea aan dieselfde tafel gesit het aangesien verskeie atlete van Noord-Korea in Suid-Korea sal deelneem, en daar sal selfs spanne wees waar burgers van albei lande saam sal deelneem, byvoorbeeld hul yshokkiespan.

Daar het ook reeds ’n paar snaakse oomblikke agter die skerms afgespeel, soos toe die Noorweegse span se sjefs per ongeluk 15 000 eiers bestel het in plaas van slegs 1 500 – te danke aan ’n google translate-fout … Gelukkig het die verskaffers gulhartig die ander 13 500 eiers teruggeneem. Kyk na ’n video daaroor vir ’n bietjie Schadenfreude op hierdie blou Maandag.

Die Maart-uitgawe van rooi rose het pas op die rakke verskyn met die pragtige Leah as voorbladvrou. Kry dit sommer vandag nog en maak jou maand stylvol, sinvol, propvol.

Loer agter die skerms van ons voorblad met Leah

Lees hier om meer uit te vind oor Leah as die nuutste aanbieder van kykNET se Boer Soek ’n Vrou

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

5 mites oor olyfolie

Moenie hierdie 5 mites oor olyfolie glo nie: Ingevoerde olyfolie is beter as Suid-Afrikaanse olyfolie…

8 hours Gelede

Gebakte vis in geurige tamatiesous

Gebakte vis in geurige tamatiesous Lees ook: RESEP: Armand Aucamp se witvis met vanieljesous van Tahiti…

8 hours Gelede

Tamatieroomsop met kaasroosterbroodjies

Hierdie lekker resep vir tamatiesop is ideaal vir ’n vinnige aandete in die middel van…

9 hours Gelede

Lekker opskiet eet-ervaring by Vergelegen

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en Vergelegen Die historiese landgoed, Vergelegen op Somerset-Wes, het…

9 hours Gelede

Vinnige lamskerrie

Vinnige lamskerrie 4 porsies Bestanddele: 1 ui, fyngekap 100 g kerriepasta 1 kg lamsvleis, in…

11 hours Gelede

Kry só jou tuin reg in Julie

Julie: Doen dit in die tuin     1. Snoei rose teen einde Julie of…

12 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.