kategorieë: Reis

Naweek wegbreek in die stad

Die Faircity Roodevallei Hotel en Konferensiesentrum bied iets vir almal. Vir ’n hotel met ’n driestergradering is hierdie hotel glad nie sleg nie. Ek sal dit eerder vier sterre gee … Vir ’n vinnige wegkomkans, ’n oornag-slaapplek, of vir konferensies, is hierdie die ideale keuse.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Ligging

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Kameeldrift Oos, Zeekoegat, Pretoria, 0039

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Soort akkomodasie

Gerieflike kamers met ’n landelike gevoel, geleë aan die oewer van die Pienaar’s Rivier in Pretoria. Ons het in een van die rivierkamers gebly met ’n asemrowende uitsig op die rivier. Daar is ook grasdak-, tuin-, en algemene hotelkamers omring deur pragtige tuine.

Tariewe

Beskikbaar by +27 12 845 5000 of reservations.roodevallei@faircity.co.za Die hotel bied ook heelwat spesiale aanbiedinge regdeur die jaar. Klik hier vir meer.

Atmosfeer

Faircity Roodevallei is omring deur ’n natuurreservaat en voëlpark wat ’n rustige atmosfeer bied. Dit voel kompleet of jy iewers in ’n reservaat is, eerder as ’n klipgooi van Johannesburg. ’n Kombinasie tussen vriendelike diens en personeel wat jou in vrede laat wanneer jy onder die bome sit en kuier, maak die hotel besonders. Ek het dadelik tuis gevoel en waar ek gewoonlik een volle dag neem om af te skakel, was die atmosfeer hier so ontspanne dat ek dadelik my skouers kon sak en ontspan.

Die pragtige tuine, groen grasperke en hemelblou swembad skep onmiddellik ’n vakansie-atmosfeer. Selfs al bly jy slegs een aand oor, sal dit voel asof jy vir ’n naweek weg was.

Die restaurant bied buitesitplekke waar jy laatmiddag ’n glas wyn kan geniet terwyl jy oor die rivier uitkyk.

Wie daar was

rooi rose Digitale redakteur, Michelle Nortje en ’n metgesel.

Wanneer

9 en 10 Julie 2016.

Waar ons geëet het

By die Valley Restaurant – ’n heerlike buffet vir aandete en ontbyt met iets vir elke smaak. Julie-maand is koud en ons was gelukkig om ’n plekkie reg langs die kaggel te kry. Heerlike rooiwyn en goeie gehalte-kos, wat meer wil ’n mens hê!

Wat het dit onvergeetlik gemaak?

Die omgewing se “vermoë” om jou binne oomblikke te laat afskakel en die vriendelike personeel wat jou op ’n subtiele manier rustig laat voel.

Besoek die webblad by www.faircity.co.za vir meer besonderhede en foto’s en bespreek jou plek vir ’n lekker wegbreek of wanneer jou besigheid weer konferensie hou.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Egskeiding hoef jou nie te breek nie: 10 wenke

Egskeiding is nie die einde van die wêreld nie. Jy hoef nie te krepeer nie…

4 hours Gelede

Ken jou wegsleepregte

Ken jou wegsleepregte deur: Anet Schoeman.    Om langs die pad gestrand te wees weens…

4 hours Gelede

Griekse hoender-en-rys-gebak

’n Liplekker aandete - Griekse hoender-en-rys-gebak. Die dis kry broccoli en fetakaas in vir ekstra…

4 hours Gelede

Bekroonde akteur Chumani Pan vertolk rol van prins in ‘Diepe Waters’

kykNET is trots om die terugkeer van die bekroonde akteur Chumani Pan na die kanaal…

4 hours Gelede

Badpret: gee jou baba ’n voorsprong!

Het jy geweet teen die ouderdom van drie is 85% van jou kleinding se brein…

5 hours Gelede

Nuwe tydperkfliek ‘On Swift Horses’ stel die vraag: Wat is liefde?

Deur Margaret Gardiner  Liefde is iets waarna ons soek. Vele goeie boeke, flieks en liedjies…

9 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.