kategorieë: Doen dit selfLeefstyl

Natuurlike olies vir jou huis

Natuurlike olies vir jou huis deur: Cornel Dunn. Hooffoto: Pixabay.com

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Sitroengras

Gebruik sitroengrasolie as ’n natuurlike en veilige lugverfrisser. Die vars sitrusgeur sal lank in die huis hang.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Dit is die perfekte olie om in jou huis te gebruik omdat dit ook as ontsmettingsmiddel gebruik kan word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Span dit ook as ’n insekweerder in.

Lees ook: Laaf jou voete met kruie uit jou tuin

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Laventel

Dié gewilde krui is wyd bekend vir sy kalmerende eienskappe. Dit bring die stresvlakke af en help met ’n gesonde slaappatroon.

#rrWenk: Sit 5 tot 8 druppels laventelolie in ’n watersproeibottel en spuit voor slaaptyd op jou kussings.

Bloekom

Sit dit op jou lysie skoonmaakprodukte vir die huis.

Die olie is ook goed vir asemhalingsprobleme.

#rrWenk: Meng bloekomolie en teeboomolie in ’n waterspuitbottel en spuit in die dreinopening van jou stort om muf te voorkom.

Suurlemoen

Weer eens is dit ’n perfekte produk om jou huis skoon te kry en terselfdertyd sal die huis vars ruik.

#rrWenk: Gebruik 1 tot 2 druppels direk op vetterige oppervlakke om dit silwerskoon te laat.

Lees ook: Geur vir jou huis

Peperment

Gebruik 5 tot 7 druppels pepermentolie in ’n waterbottel en sproei in jou huis om goggas buite te hou.

Deurdrenk ook ’n wattebolletjie met pepermentolie om miere te verdryf.

Teeboomolie

Teeboomolie is ’n gewilde huishoudelike skoonmaakmiddel.

Gooi ook ’n paar druppels in jou troeteldier se bed om vlooie weg te hou.

Sproei die olie op oppervlakke waar muf voorkom.

Pomelo

Pomelo-olie is perfek om werkvlakke silwerskoon te hou.

Boonop ruik dit heerlik.

Lees ook: Hoe om jou huis heerlik te laat ruik – sonder chemikalieë

Deel
Gepubliseer deur
Elandre Swart

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Kreatiewe verskille kelder een van die spanne

Daar het ook ’n spesiale gas opgedaag – dié keer was dit Jess van Dyk…

7 hours Gelede

Pampoenbredie

Genoeg vir 4 Bestanddele   15 ml (1 e) olyf- of avokado-olie 1,5 kg lamsvleis…

17 hours Gelede

Voltooi jou kuier in Kaapstad met ’n ete by Marble Cape Town

Die ergste toeriste-gedruis na al die langnaweke het effe bedaar, die kole suis gesellig en…

1 day Gelede

Darren Scott op ‘Laataand by Rian’: “As ek nie kan praat nie, kan ek nie werk nie”

Die emosie het met tye hoog geloop toe Rian van Heerden die radio-legende Darren Scott…

2 days Gelede

Lees saam met jou kind op Wêreld Boekedag

Onthou jy knus voorleestydjies op jou ma of ’n ander volwassene se skoot? Dis vandag…

2 days Gelede

Kleur in met strooikussings

Strooikussings helder ‘n leefvertrek op. Dit is ‘n nuttige en bekostigbare bykomstigheid vir enige vertrek,…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.