kategorieë: GrimeringSkoonheid

Natuurlike glans

Deur: Suzanne Kotzé. Hooffoto: MAC Cosmetics SS 18 London

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die voorkoms in die hooffoto is geskep deur grimeerkunstenaar Diane Kendal vir die onlangse vertoning van die Nepalees-gebore Amerikaanse ontwerper Prabel Gurung. Die vel is met M.A.C. Prep + Prime fix (R320) en M.A.C Studio Moisture Cream (R490) verfris en waar nodig is M.A.C Studio Conceal and Correct Palette (R530) gebruik. Lipstiffie is as blosser aangewend. Wimpers is gekrul, wenkbroue gekam en swart maskara – M.A.C Haute & Naughty (R300) – is slegs op die boonste wimpers gebruik. M.A.C Lipglass in Clear (R220) is op die ooglede aangetik vir glans. Lipsalf is op die lippe aangewend.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

#rrWenke:

  • Begin by goeie velsorg, want ’n mooi, glansende vel is die basis vir dié voorkoms.
  • Pak jou grimeerkwaste weg en gebruik jou vingers om jou grimering aan te wend.
  • Wend verbloemer aan waar nodig, en gebruik die minimum hoeveelheid onderlaag.
  • Kies onderlaag met ’n ligte dekking.
  • Maak seker die onderlaag het ’n romerige tekstuur – bêre die gesigpoeiers.
  • Kies produkte wat jou vel glansend laat lyk.
  • Skakerings met oranje en bruin  ondertone soos roes, oker, tee, taan en sepia werk  goed.
  • Die grimering moet die natuurlike ondertone van jou vel optel.

Probeer die volgende produkte

Dior

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die Dior Prestige La Micro-Huile De Rose (R3 465) is ’n serum-olie wat 20 mikrovoedingstowwe bevat. Dit sal jou vel versterk en glansend laat lyk.

Sisley

Die Sisley Phyto Blush Twist in Glow  (R765) is uitstekend om ’n blosende glans te skep en maklik om aan  wend. Gebruik dit sommer op jou lippe ook!

NYX

NYX Liquid illuminator in sunbeam (R149,95)  is waarde vir jou geld en gee mooi glans. Gebruik dit voor jy jou grimering aanwend, of ná jou onderlaag aangewend is om die struktuur van  jou gesig te beklemtoon.

URBAN DECAY

URBAN DECAY se Liquid Aura Illuminating Mix in Medium (R495) word saam met jou onderlaag gemeng. Gooi ’n druppel van die serum by jou onderlaag vir onmiddellike glans, of tik dit selfs as beklemtoner oor jou onderlaag op jou wangbene of kupido-bogie aan.

M.A.C Cosmetics

M.A.C COSMETICS Water weight concealer (R380) is lig, maar verskaf goeie dekking. dit kan selfs saam met ’n bietjie glansroom as onderlaag gebruik word.

Die M.A.C STUDIO CONCEAL AND CORRECT PALETTES (R530) is perfek om daardie lastige vlekkies en sirkels onder jou oë te verbloem.

Sensai

SENSAI GLOWING BASE (R845) is ’n voorbereidingslagie wat jou laat lyk of jou gesig ’n gesonde, natuurlike glans het, danksy ’n pêrelagtige pigment wat die vel korrigeer en meer eweredig laat lyk.

GOSH Copenhagen

Die GOSH Strobe-n-Glow Kit in 001 (R285) word na jou onderlaag  gebruik om die struktuur van jou gesig te beklemtoon.

“Daar is ’n beweging weg van “kloonmodelle” met hul eenderse lywe en voorkomste. Modelle wat anders lyk, hetsy dit ouderdom, velkleur of groottes is, is nou gewild.” – Raine Tauber, senior grimeerkunstenaar, M.A.C Suid-Afrika.

Deel
Gepubliseer deur
Corné Greeff

Onlangse plasings

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

10 mins Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

1 hour Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

1 hour Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

2 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

2 hours Gelede

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood

Kaas-en-Marmite-mosbolletjiebrood deur Vickie de Beer. Foto: Lindy Kriek  

2 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.