Wenkbroue is baie belangrik – die vorm moet meer reguit en meer ongetem wees.
Ons is so bly die dae van perfekte, “airbrushed”, almal-lyk-dieselfde tipe skoonheid is vir eers verby. Dit is deesdae gewilder om te wys hoe uniek jy is, en dit is wat jou mooi maak. Dit is die rede waarom natuurlike grimering die nuwe ‘moderne’ grimering genoem word.
M.A.C verklap meer oor Internasionale modeweek herfs/winter 2015 waar hulle die girmering gebruik het.
Natuurlike grimering beteken geensins geen grimering nie. M.A.C. sê bekende grimeerkunstenaar Val Garland sê: “Die eerste indruk moet die van ’n vars vel wees en niks moet soos opsigtelike kleur of tekstuur lyk nie.”
Grimeerkunstenaar Lyn Desnoyers voel die nuwe manier van grimering is om jou gesig te definiëer eerder as om te verander. Op ’n manier lyk die natuurlike grimering meer vroulik, maar ook tawwer. Wenkbroue is baie belangrik vir hierdie voorkoms en die vorm moet meer reguit effens ongetem wees.
By Alberta Ferreti se vertoning is die grimering deur grimeerkunstenaar Diane Kendalas as “Renaissance skoonheid” beskryf.
Hierdie M.A.C grimering is gebruik
Vel: M.A.C Studio Finish SPF35 Concealer (R275) waar nodig en gemeng.
Oë: Wimpers is gekrul en Haughty & Naughty Mascara (R250) is aangewend
Lippe: Lip Conditioner (R230)
By die Chloé-vertoning beskryf grimeerkusntenaar Lucia Pieroni die grimering as “70’s Stevie Nicks.”
Hierdie M.A.C-grimering is gebruik
Vel: M.A.C Studio Waterweight SPF30 onderlaag (R400). M.A.C Studio Finish SPF35 Concealer (R275) – gebruik waar nodig. M.A.C Cream Colour Base Pro Balette in Vintage Rose (R240) op die wange. Vir die geen-grimering-voorkoms is M.A.C Cream Colour Base in Hush en in Pearl (R240 elk) gemeng en oor die wangebene, neusbrug, kupido-boog op die lip en op die ken gebruik.
Oë: M.A.C Pro Longwear Paint pot in Groundwork (R250) is oor die ooglid en net onder die oë gebruik. Dit is ook met ’n fyn borseltjie om die oë aangewend om die oë te laat uistaan sonder dat enige grimering sigbaar is.
Lippe: M.A.C Lip Conditioner (R230).
By die Mugler-vertoning het Clarins die grimering gedoen.
Die basis vir al die voorkomste was ’n natuurlike gelaat en glansende vel. Voor die tyd is klem gelê dat die velle se toestand in ’n goeie toestand moet wees. Clarins se velsrorgprodukte is op die spesiale Clarins-metode aangewend. Klik hier vir meer: http://int.clarins.com/en/application-methods-face/draining-pressure-points-face.html
Vel: Clarins Truth Radiance Foundation SPF 15 (R315); Clarins Bronzing Duo SPF 15 Mineral Powder Compact (R395)
Oë: Clarins Eye Quartet Mineral Palette in Rosewood (R495); Clarins Be Long Mascara (R295)