NASA het vroeër aangekondig dat hul sterrekundiges ’n splinternuwe ontdekking gemaak het: ’n nuwe sonnestelsel! Hulle het sewe groot ‘exoplanets’ ontdek wat rondom ’n ster, bekend as Trappist-1, wentel. Google het hierdie klein ‘Google Doodle’ ontwerp wat wys hoe die aarde deur ’n teleskoop loer en die nuwe planete raaksien.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
’n Exoplanet is ’n planeet wat buite ons sonnestelsel voorkom. Dit is dus enige planeet wat nie rondom die son wentel nie. Die eerste ‘exoplanet’ is in 1988 ontdek, maar daar is reeds 3 500 van dié planete van toe af gevind.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Transiting Planets and Planetesimals Small Telescope.
Volgens NASA en spanne uit België is dit ’n klein, dowwe ster geleë in die konstellasie Aquarius, minder as 40 ligjare van die Aarde af. Dit is minder as 235 triljoen myl weg.
Sewe planete wentel reg rondom dié ster in tydperke wat wissel tussen een en ’n half tot 20 dae. As Trappist-1 ons son was, kon al die planete in die wentelbaan van Mercury inpas. Dis hoe naby hulle aan die ster wentel en hoekom die volledige omwentelinge so kort is.
Die planete het nog nie name nie, maar staan vir eers as letters bekend. Van “b” tot “h” omdat “a” die ster self is. Hulle is almal so groot soos óf Venus óf die Aarde, soms selfs kleiner.
Jy kan in hierdie twiet deur NASA ’n 360 grade-omwenteling van planeet “d” sien:
Vir meer inligting, kyk gerus na die video:
Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…
Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Creation het ook pas by die Eat…
Lewer 1 groot koek Bestanddele Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…
Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…
Hooffoto: Stavros Cassapis Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…
Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…
Hierdie webwerf gebruik koekies.