kategorieë: Reis

Namakwaland: Vertoning van kleur

Die Noordkaap word nie gewoonlik met kleurrykheid geasossieer nie. Hierdie yl bewoonde provinsie met sy kaalheid en stilte gooi een keer per jaar sy vaal mantel af en tooi hom in ’n karnaval van kleure en maak amok met ’n oorvloed ryk kleure. Hierdie skouspel is afhanklik van die gereeldheid van die herfs en winterreën sê Hester Steyn van die nasionale herbarium. As die reën saam speel, kan die vertoning in Julie begin en tot Oktober duur.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die blomme is deel van die eeu oue storie van oorlewing. Die kleurvertoning moet die regte gehoor lok en duisende bye, kewers en ander insekte sak jaarliks op die blomme toe om hulle te bestuif. Kort daarna rus die saadjies in die grond en wag geduldig vir die volgende siesoen se reën en temperatuur.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

In sommige gebiede is die blomme ’n teken dat die natuur homself probeer herstel. Die blomme blom in versteurde habitats wat voorheen gebruik is vir lande en weivelde. Pionier-spesies is die eerstes wat die skade wil herstel en sal later gevolg word deur meerjarige kruide en struike as die gebied gelaat word om na sy oorsprong te herstel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Volgens Namaqualand: Southern African Wildflower Guide 1, is daar meer as 3 500 plantspesies in Namakwaland, maar die mees produktiewes gedurende hierdie tyd die vygies (sukkulente) en eenjarige (madeliefies) is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }


Waar moet jy kyk?

Namakwaland is ongeveer die gebied tussen die Olifantsrivier in die suide en die Oranjerivier in die noorde en van die platorand in die ooste van die Atlantiese Oseaan.

Drie roetes word aanbeveel:
Roete 1: Begin by Garies en mik vir Hondeklipbaai, Soebatsfontein en Kamieskroon en eindig dan by die Namaqua Nasionale Park.
Roete 2: Begin by Kamieskroon, mik dan na Leliefontein en na Gamoep neem jy die Nourivier-afdraai na Garies.
Route 3: Begin by Springbok en ry na Steinkopf via Nababeep, Port Nolloth (aan die kus), Grootmis / Kleinzee (onthou jou permit), Spektakel Pas en eindig by Goegap Natuurreservaat.

Die Namakwaland Nasionale Park is een van die gewildste plekke vir die blommevertoning, veral rondom die Skilpadgebied. Behalwe vir gousblom spog die park met baie meidesterte en varkiesknolle. Bewaringbeampte, Priscilla Magerman sê die beste tyd om die blomme te sien, is van 10:00 tot 16:00 en dit is die mooiste as die son van agter jou rug skyn.

’n Alternatiewe oogpunt
Terwyl dit tegnies deel is van die groter Namakwaland-gebied, sou baie dit nie as sodanig klassifiseer nie weens sy unieke plantegroei en afstand (pak dit liefs met ’n 4×4).

Maar die Richtersveld kan soms selfs mooier as Namakwaland wees, sê dr Hugo Bezuidenhout, wetenskaplike van SANParke. Oorgrenspark bestuurder van die Ai-| Ais / Richtersveld (Suid-Afrika kant) Nick de Goede sê van Augustus tot middel-September is die beste vir blom mesems (wanneer die meeste van die 1 700 spesies in die park blom), maar aalwyne blom van Desember tot Junie.

Besoekers kan uitsien na die woestynrose en vygies en moet mik na die Helskloof area vir die beste uitsig.
As jy beplan om die blomme te sien, bel die park of plaaslike toerismekantoor eers om te hoor waar die beste vertoning is op daardie tydstip. Maar wees gewaarsku, die blomme is onvoorspelbare kunstenaars en ’n groot vertoning is afhanklik van onvoorspelbare elemente soos die weer.

"Op ’n sonnige dag kan ’n koue wind van die see in die weste veroorsaak dat die blomme toevou," sê Magerman, "terwyl die warm bergwindtoestande weer die seisoen kan verkort omdat dit die blomme brand."

Bron: Garden & Home

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

5 mites oor olyfolie

Moenie hierdie 5 mites oor olyfolie glo nie: Ingevoerde olyfolie is beter as Suid-Afrikaanse olyfolie…

5 hours Gelede

Gebakte vis in geurige tamatiesous

Gebakte vis in geurige tamatiesous Lees ook: RESEP: Armand Aucamp se witvis met vanieljesous van Tahiti…

5 hours Gelede

Tamatieroomsop met kaasroosterbroodjies

Hierdie lekker resep vir tamatiesop is ideaal vir ’n vinnige aandete in die middel van…

6 hours Gelede

Lekker opskiet eet-ervaring by Vergelegen

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en Vergelegen Die historiese landgoed, Vergelegen op Somerset-Wes, het…

6 hours Gelede

Vinnige lamskerrie

Vinnige lamskerrie 4 porsies Bestanddele: 1 ui, fyngekap 100 g kerriepasta 1 kg lamsvleis, in…

8 hours Gelede

Kry só jou tuin reg in Julie

Julie: Doen dit in die tuin     1. Snoei rose teen einde Julie of…

9 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.