Resep deur Jenny Morris vir Juicy Delicious
Bestanddele:
250 ml (1 k) koekmeel, geif
125 ml (½ k) suiker
10 ml (2 t) bakpoeier
knippie sout
100 ml botter, gesmelt
125 ml (½ k) warm melk
5 ml (1 t) vanieljegeursel
2 eiers geklop
15 ml (1 e) lemoenskil
600 g pruime, ontpit en gesny, in 1 e heuning
Metode:
Voorverhit oond tot 180 °C
· Plaas meel, suiker, bakpoeier en sout in mengbak en roer saam.
· Klits botter, melk en vanielje saam in ander bak en klits laastens eiers en lemoenskil by.
· Roer meelmengsel met melkmengsel.
· Rangskik pruime aan onderkant van gebotterde pasteibak.
· Skep deeg oor en bak vir 25 tot 30 minute of tot sosatiestokkie skoon uitkom.
· Smelt heuning en botter saam vyf minute voordat die koek gereed is en roer tot gemeng.
· Verwyder koek uit oond en gooi oor warm heuning-botter-mengsel terwyl koek warm is.
Lees ook: Pruim-en-amandel-tert