Naeltrend: Swart-en-wit polkakolle deur: Corné Greeff en Suzanne Kotzé. Foto’s: Corné Greeff. Naelkuns: Elana Jooste van BellaMia Nail Specialists
Hier is wat jy benodig
- Basislaag
- Bolaag
- Swart naellak
- Wit naellak
- Naellak-verwyderaar
- Naelkwassie
- Naelkunspen
- Baie geduld 😉
Stap 1
Maak seker jou naels is mooi skoon. Verf ’n basislagie op jou naels en laat dit behoorlik droog word.
Lees ook: Die vier maklikste naelvoorkomste wat jy self kan kry
Stap 2
Besluit vooraf op watter vingers jy die kolle gaan verf en op watter naels jy die Franse manikuur-styl sal aanwend. Gebruik jou naelkunspen en maak kolle op die naels van jou keuse.
Stap 3
Verf nou die punte van die naels sonder kolle met swart of wit naellak
Stap 4
Neem nou jou kwassie, doop dit in ’n bietjie naellak-verwyderaar en maak seker die lyn is mooi egalig.
Stap 5
Verf nou ’n bolaag daarop en laat dit goed droog word.
Lees ook:
Nog oulike idees!
Kyk hierdie video en lees hierdie storie vir nog lekker naelkuns-idees