Naeltrend: Safari Naelkuns deur Corné Greeff Hooffoto: Flufi/istock images
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Wanneer ek al die dierepatrone sien op klere, dekor en op naels raak ek sommer lus vir ’n Afrika-safari!
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Indien jy bang is jy kan soos ’n luiperd of sebra begin lyk en nog nie jou klerekas wil vervang met ’n klompie luiperdmotief-uitrustings nie, is dit dalk die beste om eers by jou naels te begin.
Lees ook: Naelkuns: Dieremaniere
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Safari Naelkuns
Berei jou naels voor en wend dan ’n basislagie op jou naels aan. Wag tot dit heeltemal droog is en wend dan enige naellak van jou keuse aan (Morgan Taylor se Safari No Sudden Mauves is hier gebruik). Vir beter dekking gaan jy dalk meer as een lagie moet aanwend.
Vir dié stap gaan jy ’n ander skakering naellak benodig (Morgan Taylor se Safari Are You Lion to Me? is vir die stap gebruik) asook ’n sponsie. Neem nou die sponsie en skep ’n halfmaan vorm daarmee deur ’n gradient van lig na donker na die punt van die nael te skep.
Laat dit dan ordentlik droog raak.
Gebruik ’n klein kwassie en maak nou kolle naby jou naelbed (die skakering wat in dié stap gebruik is, is die Morgan Taylor Safari Wanna Share a Tent).
Neem nou ’n swart naellak-kleur (Morgan Taylor se Safari Black Shadow is hier gebruik) en maak nou buitelyne met ’n dun kwassie rondom die kolle wat jy in Stap 3 geverf het. Wanneer jy daarmee klaar is skep dan sebastrepe naby die punte van jou naels en maak nog klein kolle waar daar oop spasies is.
Laat dit dan droog word en wend ’n bolagie aan en wag dat dit ook droog word.
Safari Naelkuns
#rrWenk: Onthou om altyd na jy jou naels gedoen het of laat doen het ’n naelserum op jou naelvelletjies aan te wend.
Vir daardie dun strepies en lyne gaan jy ’n fyn kwassie benodig
Indien dit vir jou te ingewikkeld lyk om die vorige voorkoms self te skep kan jy ook die makliker roete neem deur vals naels of self plakkers op jou naels te plak.
Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…
Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…
Genoeg vir 8 Bestanddele Tertdeeg 375 g koekmeel 2,5 ml (½…
In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…
Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi …
Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…
Hierdie webwerf gebruik koekies.