Doen-dit-self: Monochroom-naels
Dit benodig jy
Essence Colour & Go Sparkling White Lily; Michellori Paris Long Stay Black Ink; Kiss Nail Art Paint Striper.
Stap 1
Gebruik die wit naellak as ’n basislaag en wend ’n tweede laag aan indien nodig. Wag totdat die kleur droog is voordat jy met die volgende stap begin.
.jpg)
Stap 2
Verf nou met jou dun naelpolitoerkwas twee breë swart strepe horisontaal op jou nael. Begin aan die halfmaanpunt van die nael. Wag totdat dit droog is.
.jpg)
Stap 3
Verf nog twee dunner swart strepe, ook horisontaal, op die nael.

#rooirosewenk Gebruik plakkers om reguit lyne te verf. Maak ná elke strepie seker die naelpolitoer is droog.