kategorieë: Ons menseBekendes

Nadine se pad van groei

Sy sal seker altyd die “Kaapse Draai”-meisie bly, sê Nadine en sluk haar café latte af in Lynnwood Bridge se vyfster-Café Beyritz. Sy gesels met die kelner asof hy op daardie oomblik die belangrikste mens in haar lewe is, en beantwoord daarmee sommer ook die groot vraag van hierdie onderhoud: Wie ís Nadine as sy nie in die kollig is nie?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Gaan vra vir manne met groot, suksesvolle maatskappye wat op mensekennis gebou is, soos Richard Branson. Die manier waarop mense met kelners praat, verklap baie van hul persoonlikheid. Dus, hier sit sy, ons “Kaapse Draai”-meisie wat ander met die grootste respek en deernis hanteer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Sy het op die oog af nog nie ’n dag ouer geword nie. Geen wonder mense noem haar al die Peter Pan van die Afrikaanse musiekbedryf nie. Gaan kyk gerus op Google Images na foto’s wat deur die jare van haar geneem is as jy jaloers wil raak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Maar sy lig jou gou in sy is wyser as mens en ryper as sangeres as in haar “Kaapse Draai”-dae.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Maar daar is steeds iets van die “Kaapse Draai”-meise in my. Mense vereenselwig my met haar.”

Sy onthou hoe sy kleintyd vir haar ouma gesing het. Haar ouma, Heleen Wentzel, het nog altyd ’n groot invloed op haar musiekloopbaan gehad. Sy het op elkeen van haar CD’s ’n liedjie geskryf. Op Skildery is “Ou Murasie” Heleen se skepping en vandat Nadine dié lirieke die eerste keer gelees het, wou sy dit sing.

“Dit vertel hoe ons almal soms eensaam en verlate agtergelaat word.” Sy het van kleins af soveel keer na haar ouma se musiekkassette geluister dat die bandjies naderhand uitgerek was. “Ek moes elke keer die kasset met ’n potlood opdraai voor ek weer kon luister!”

Haar ouma het vir haar liedjies uit Duits vertaal en ander spesiaal vir haar geskryf. “Ouma het ’n slag met woorde. Sy vertel graag hoe sy en ’n maatjie albei op dié se oupa se skoot gesit het terwyl die oom vir hulle stories vertel. My ouma het nog altyd die kuns van stories vertel saam met haar gedra. Dis ’n goddelike gawe,” glo sy.

“Sy is ’n belangrike anker in my lewe en het my altyd beskerm, maar noudat sy ouer is, wil ek haar koester.”

Die wyse waarop sy grootgeword het, het ’n groot invloed op die mens wat sy vandag is en daarom ontstel dit haar as mense haar verkeerd opsom.

“Mense verwar my selfvertroue met arrogansie maar arrogant is ek geensins nie. My ouers is geskei toe ek nege maande oud was. Ek het by my ma en ouma grootgeword. Ek moes vinniger as ander kinders grootword, maar ek is dankbaar dat ek ook met soveel voorregte en geborgenheid grootgeword het.

“Ek moes leer hoe om teëspoed te verwerk, op te staan en aan te gaan. Toe ek op ’n dag in 2006 skielik glad nie sekere note kon kry nie, het ek op my knieë in trane uitgebars. Daar was knoppies op my stembande. ’n Vriend het vir my gesê ‘Staan op en gaan aan’. En ek het.”

Nadine sluit elke episode van haar musiekprogram Musiek Roulette met dié woorde af: “Gaan groot of gaan huis toe!” Dit is deel van haar lewensfilosofie. Sy doen alles wat sy aanpak na haar beste vermoë. Sedert sy op nege jaar begin sing het, streef sy na uitmuntendheid.

Elke benoeming en elke treffer is vir haar ’n beloning vir haar harde werk, want sy weet sukses is nie iets wat jy present kry nie. Jy moet hard werk daarvoor. “Ek moes deur die jare volhard, ongeag siektes en probleme. Ek het voor winkelsentrums gesing tot my keeltjie hees was en nooit opgehou om hard te werk nie. Ek bly dankbaar vir die sukses wat ek behaal het.”

“My behoud is deursettingsvermoë, dryfkrag en ’n wil om sukses te behaal. En ek is nederig oor my sukses.”

Sy het as volwassene ’n baie hegter band met haar pa as in haar tienerjare.  “Dit is nodig in my lewe. Ons het nie baie tyd saam deurgebring toe ek ’n kind was nie. Ons verstaan mekaar nou beter. Ons het nou ’n gesonder verhouding. Hy is weer getroud en het twee jonger kinders.”

Sy fokus deesdae baie op die buitelandse mark. Haar webtuiste is in Duits, Afrikaans en Chinees omdat dit die dele van die wêreld dek waar haar musiek bekend is. Sy het die afgelope jare baie gereis en besoek veral België graag. (Sy praat Vlaams vlot.)

Haar bestuurder, Hugo, is ’n Belg en het gehelp om vir haar geleenthede in Europa te skep. “Ek was in Januarie laas in België. Ek het besluit vanjaar is my jaar vir Suid-Afrika. Ek was die afgelope paar jaar baie uitstedig. Ek was in 2012 in China en het 22 konserte in die hoofsentra aangebied. Ek sal baie graag weer wil gaan, want my musiek is goed ontvang.”

Sy sal nie oorsee kan bly nie, sê sy. “Ek is en bly Afrikaans. Dit is my land en mense ongeag wat gebeur. Dit is onlosmaaklik deel van wie ek is. Die stof en land klou aan my met ’n passie.”

Deel
Gepubliseer deur
Nicole Kemp

Onlangse plasings

6 maniere om griep te klop

Griep is winter se lewenslange vennoot. Sodra die koue tref, kan jy maar seker wees…

2 hours Gelede

Villa Rosa-ster nou in Suidooster: ‘Die poppe gaan dans…’

Die aktrise Elsje Slabbert, alom bekend vir haar rol as Carina Rautenbach in die destydse…

5 hours Gelede

Ons 6 gunsteling-resepte vir sjokoladekoek

Bak vir ’n slag die heerlikste sjokoladekoek! Hier is ons 5 gunsteling-resepte vir sjokoladekoek.

6 hours Gelede

5 mites oor olyfolie

Moenie hierdie 5 mites oor olyfolie glo nie: Ingevoerde olyfolie is beter as Suid-Afrikaanse olyfolie…

1 day Gelede

Gebakte vis in geurige tamatiesous

Gebakte vis in geurige tamatiesous Lees ook: RESEP: Armand Aucamp se witvis met vanieljesous van Tahiti…

1 day Gelede

Tamatieroomsop met kaasroosterbroodjies

Hierdie lekker resep vir tamatiesop is ideaal vir ’n vinnige aandete in die middel van…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.