kategorieë: Ons menseBekendes

Nadia terug op kykNET

Die gewilde reeks, Alles Malan se tweede seisoen is tans op kykNET te sien en Nadia Valvekens speel die rol van Tessa, die Malans se oudste seun, Frik, se vrou. Nadia het al verskeie rolle vertolk en is veral bekend vir haar rol as Pippa Venter in Binnelanders. In Alles Malan is Nadia ma van twee kinders en haar gesin het in die eerste seisoen ná agt jaar in Engeland teruggekeer Paarl toe om die familie-onderneming, Malan Vervoer, by sy pa oor te neem.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Frik wat deur Ivan Zimmerman gespeel word, is die oudste van Derik en Brenda se twee seuns. Hy en Tessa se kinders is Elani, gespeel deur Greteli Fincham en hul aangenome seun, Freek, gespeel deur Matheo Olivier.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Tessa het haar baie suksesvolle loopbaan as prokureur agtergelaat en het haar nuwe rol as voltydse ma ontgin. Aanvanklik het sy verlore gevoel, maar sy het weldra die wonder van mawees en daar wees vir haar gesin, ontdek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Nadia vertel dit was vir haar maklik om met die selfopofferende rol te identifiseer en om sterk te probeer bly in ‘n gesin waar als uitmekaar val. “My ma was ’n enkelma en ’n goeie voorbeeld van ’n vrou wat baie vir haar twee kinders opgeoffer het om ons groot te maak en deur universiteit te kry. As oudste van twee susters en my ma wat soveel balle in die lug moes hou, moes ek soms intree en help. Ek kon dus inspirasie daaruit put.”

Nadia sê daar is heelwat ooreenkomste tussen haar eie lewe en Tessa se karakter, want sy is ook ’n sterk vrou en baie loopbaangeoriënteerd. “Ek is ook baie familievas en daar is min goed wat my sal stuit om dit te bereik waarop ek my visier gestel het.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Tessa word die primêre broodwinner en sy verloor haarself in die proses. Baie vroue bevind hulle in dieselfde bootjie.

Nadia sê ’n rol soos Tessa is nodig omdat ons in moderne tye baie meer beroepsvroue in hoë poste sien, wat gesinsvrou én suksesvolle loopbane uitleef. “Dis oukei om te besef ons is net mens, ons maak foute, soms maak ons verkeerde besluite en dis deel van die lewe.”

Nadia bring graag tyd met familie op Heroldsbaai deur, maar sy vertel dat vanjaar se chaos haar teen vroeg Desember nog besluiteloos gelaat het oor hoe die feestyd gaan lyk.

Nadia se aanlyn dramakursusse gaan in die nuwe jaar voort en belangstellendes kan deur haar sosiale media blaaie by Interact bespreek.

Sy glo nie regtig aan Nuwejaarsvoornemens nie, want sy glo ‘n mens moet in die oomblik leef. “Elke dag moet ’n Nuwejaarsvoorneme wees. Be the best version of yourself every day.”

Deur Maryke Roberts

Lees ook: Liefde op die kassie én af die kassie

Deel
Gepubliseer deur
rooi rose span

Onlangse plasings

Hou groen vakansie

Volhoubare, verantwoordelike toerisme is in die hande van elkeen wat soms ’n wegkomkans kry. Soek…

3 days Gelede

Tiramisu

Genoeg vir 4. Bestanddele   3 ekstragroot eiergele 30 g strooisuiker 5 ml (1 t)…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Beer Adriaanse oor ‘Niggies’ en sy intensste rol nóg

Die ontvoering en moord van twee 12-jarige meisies in 1966 op die Vrystaatse dorpie Odendaalsrus…

3 days Gelede

6 wenke vir mondhigiëne waarvan jy nie weet nie

Ons skoonheidsdirekteur het onlangs die indrukwekkende Enamel Clinic besoek en een of twee dinge geleer…

3 days Gelede

Beestong-broodjie

Kook weer soos Ouma. Hierdie beestong-broodjie is ’n staatmaker! Deur Vickie de Beer. Foto deur…

3 days Gelede

Beetslaai met bokmelkkaas

’n Verfrissende slaai met roket, bronkers, beet, bokmelkkaas, rooi uie en balsemiekasyn. Deur Vickie de…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.