kategorieë: Ons menseBekendes

Nadia Beukes waarsku,”My ‘Diepe Waters’-karakter is nie wat sy voorgee om te wees nie.”

Nadia Beukes maak vanaf Dinsdag 11 Junie haar verskyning in Diepe waters as Michelle, ’n verteenwoordiger van ’n swemvereniging wat haar oog op Charity het. Maar sy het beslis ook ’n verskuilde agenda…

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Foto: Willem Botha

Nadia vertel meer oor haar karakter, Michelle en haar opwindende 2024.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }


Michelle is beslis nie wat sy voorgee om te wees nie, en dit was vir my baie lekker om, vir ’n verandering, hierdie tipe rol te kon vertolk. Soos met enige karakter, was dit vir my belangrik om nie terug te hou nie en my beste vir Michelle te gee. Ek voel ook omdat ek op ’n plek in my eie lewe is waar ek al hoe meer gemaklik in my eie vel voel, dit vir my meer ruimte skep om die karakters wat ek speel beter te leer ken, gemaklik in hulle wêreld te wees en myself dan in samewerking met die regisseurs, skrywers en mede-akteurs, sowel as almal agter die skerms, oor te gee sodat ons uiteindelik stories kan vertel wat mense vermaak, inlig en inspireer.


O, die kar en die klere tesame met die rooi naels, hoë hakskoene en bowenal Michelle se selfvertroue was vir my lekker om in te deel. Dit was ook ’n absolute plesier om so baie bekende gesigte voor en agter die kameras te sien en veral om vir Johnny Potsanyane, wat my seun in Getroud met rugby gespeel het, in aksie te sien. Die Diepe waters-span is wonderlik, en almal het my baie veilig laat voel. Dané de Waal, wat die rol van Charity vertolk, het my onder haar vlerk geneem. Hoewel ons koppe stamp op skerm, kon ons lekker kuier tussen tonele, wat my baie welkom laat voel het. Daarmee saam was dit vir my ’n hoogtepunt om teenoor Sandi Schultz te speel en om vir die eerste keer ’n karakter te vertolk wat ’n handlanger het wat deur die lieflike Lewellyn Cordier gespeel word. Die hele storielyn en ervaring was groot pret.


Michelle kan in een woord as ’n boelie beskryf word en ja, ek het beslis al boelies teëgekom. Ek moet byvoeg dat as mens, en veral as ma, het ek ’n baie lae toleransie vir boelies. Ek maak ’n punt daarvan om my kinders te leer dat boelies eintlik mense is wat hulself nie kan liefhê nie. Daarom is boelies mense vir wie ons jammer moet voel, want hulle harte is so seer dat hulle ander seer maak om beter te voel oor hulself. Hopelik is Michelle een van die tipe karakters wat kykers sal love to hate.


Baie dankie vir die kompliment. The Sound of Music, en daarmee saam die rol van Die Barones, was ’n hoogtepunt in my loopbaan en lewe. Die samewerking tussen Cape Town Opera en Pieter Toerien-produksies het hierdie weergawe van Sound of Music ’n spesiale ervaring vir ons as geselskap en ook vir die gehoor gemaak. In terme van droomrolle, het ek ’n lys wat strek oor verskeie genres en produksies, en vir my ouderdom en stem is daar regtig baie om oor opgewonde te raak as dit kom by musiekteater. Maar selfs meer as dit, is my droom om aan te hou doen wat ek doen en die geleenthede wat oor my pad kom (en binne my kapasiteit as vrou en ma val), met ope arms aan te gryp en soos met Sound of Music my beste te gee, aan te hou groei en voluit te lewe.


Ek is baie dankbaar om reeds ’n hele paar vooruitsigte vir die res van hierdie jaar te hê wat heelwat stemwerk insluit. Onder andere vertolk ek twee rolle in twee oorgeklankte reekse wat op M-Net uitgesaai gaan word, waarvan een in Engels en die ander een in Afrikaans is. Ek sing later vanjaar by die Afri-Duetfees en is betrokke by die Pronk Podium-platform. Ek is ook baie opgewonde oor my betrokkenheid by ’n nuwe oorspronklike plaaslike musiekblyspel wat later vanjaar op die planke gaan wees by die AfriForum Teater. #watchthisspace

Verder doen ek graag oudisies soos wat daar geleenthede kom, en ek glo die regte rol sal op die regte tyd in plek val. Ek het ook heelwat projekte, soos byvoorbeeld die kindermusiekgroep Die Rakkers, wat my aandag vereis. Dit is regtig ’n voorreg om lekker besig te wees, en ek is baie dankbaar daarvoor.


Ek het baie liefde en respek vir my pa, Rouel Beukes, en ek het al baie lesse by hom geleer. Maar ek dink veral in terme van my loopbaan, het hy my geleer dat ’n goeie gesindheid en harde werk nooit onderskat moet word nie en om altyd met ’n dankbare hart God se goedheid en guns in jou lewe te erken.

Diepe waters is van Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144) en is ook beskikbaar op DStv Stream en Catch Up.

Lees ook: Alles wat jy van kykNET se nuwe komediereeks, ‘Pronk Primêr’ moet weet

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

6 maniere om griep te klop

Griep is winter se lewenslange vennoot. Sodra die koue tref, kan jy maar seker wees…

5 hours Gelede

Villa Rosa-ster nou in Suidooster: ‘Die poppe gaan dans…’

Die aktrise Elsje Slabbert, alom bekend vir haar rol as Carina Rautenbach in die destydse…

8 hours Gelede

Ons 6 gunsteling-resepte vir sjokoladekoek

Bak vir ’n slag die heerlikste sjokoladekoek! Hier is ons 5 gunsteling-resepte vir sjokoladekoek.

9 hours Gelede

5 mites oor olyfolie

Moenie hierdie 5 mites oor olyfolie glo nie: Ingevoerde olyfolie is beter as Suid-Afrikaanse olyfolie…

1 day Gelede

Gebakte vis in geurige tamatiesous

Gebakte vis in geurige tamatiesous Lees ook: RESEP: Armand Aucamp se witvis met vanieljesous van Tahiti…

1 day Gelede

Tamatieroomsop met kaasroosterbroodjies

Hierdie lekker resep vir tamatiesop is ideaal vir ’n vinnige aandete in die middel van…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.