Voorverhit die oond tot 200 °C.Naanbrood
Ingredients
Instructions
1 Meng die gis, water en suiker en laat vir 3-4 min. staan tot die mengsel skuimerig raak.
2 Meng intussen die melk, jogurt, eier en botter en hou eenkant. Sif die meel, bakpoeier en sout saam in ’n groot mengbak.
3 Maak ’n holte in die middel van die meel en gooi die gisen jogurtmengsel daarin. Meng goed, en knie die deeg op ’n meelbestrooide werkvlak tot glad en elasties.
4 Sit die deeg in ’n bak wat met olie gesmeer is, bedek met ’n skoon kombuisdoek en laat vir sowat 45 min. tot ’n uur op ’n warm plek tot dubbel die grootte rys.
5 Verdeel die deeg in 8 stukke en rol in balletjies. Werk met een stukkie deeg op ’n slag en bedek die res met ’n klam kombuisdoek.
6 Druk die deegballetjie effens plat. Rol op ’n meelbestrooide werkvlak in ’n langwerpige brood van sowat 24 cm lank en 15 cm breed uit - so moenie die deeg of die rolstok draai nie. Knyp die punt van die deeg effens vas om die naan sy kenmerkende druppelvorm te gee.
7 Sit die uitgerolde deeg op ’n groot bakplaat. Verf elk met gesmelte botter en strooi vinkel, komyn en growwe sout oor. Bak vir 10-12 min. Die brood is die lekkerste as dit net uit die oond kom - draai hulle in ’n lapservet toe om warm te hou.