Só bly jy wakker op die pad

Só bly jy wakker op die pad deur Mariette Snyman. Foto’s Pexels

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Baie van ons skuif agter die wiel in sonder om twee keer te dink, maar die eerste voorwaarde vir veiligheid op die pad is ’n wakker brein. As bestuurder neem jy honderde klein besluite wat jou veiligheid – en dié van jou passasiers en ander padgebruikers – beïnvloed. Lomerigheid laat jou stadiger reageer en kortwiek jou goeie oordeel. Dit spel gevaar.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

1. Vra daardie vraag!

Vra jou gereeld af: Is ek regtig wakker?

Die verskil tussen ’n bestuurder wat besef hoe belangrik dit is om ’n kragtige enjin oordeelkundig deur die verkeer te stuur, en een wat ’n salige lamheid sonder meer aanvaar, kan die verskil tussen lewe en dood beteken.

Lees ook: Die beste raad vir reisnaarheid

2. Ken die gevaartekens

Die volgende waarsku jou dat jy nie optimaal konsentreer nie:

  • Swaar ooglede of die ervaring dat jy sukkel om te fokus
  • Jy gaap of vryf jou oë
  • Jou kop word swaar
  • Jou aandag is nie by die hier en nou nie, of jy dagdroom
  • Jy het ’n verkeersteken of afrit misgekyk
  • Jy beland op die skouer van die pad, of ry te na aan die motor voor jou
  • Jy raak rusteloos en geïrriteerd

3. Reageer op die gevaartekens

Sodra jy besef jy raak vaak, kan jy:

  • Iemand anders vra om te bestuur
  • ’n Breek vat, of dit nou ’n ete is of selfs om ’n oorslaapplek te vind
  • ’n Uiltjie knip – natuurlik op ’n veilige plek

Lees ook: Vakansiewenke vir ouers met klein kinders

4. Voorkoming is beter as genesing

  • Sorg dat jy die nag voor jy bestuur ’n goeie nagrus kry. As dit nie moontlik is nie, kan ’n power nap van 20 minute inwerk voor jy die pad vat.
  • Volgens oorsese navorsing bereik slaapverwante ongelukke tussen 02h00 en 06h00 en tussen 14h00 en 16h00 ’n hoogtepunt. Neem dit in ag wanneer jy jou reisbeplanning doen
  • Beplan om elke twee ure of 200km stil te hou en te rus, of laat iemand die stuur oorneem
  • Vermy alle alkohol, ook die aand voor jy ry
  • Sorg dat jou padkos wakkerblykos is. Bly weg van happies en vloeistowwe met ’n hoë suikerinhoud het wat jou energie later skerp sal laat daal – energiedrankies val ook in hierdie kategorie. Moenie so vinnig of soveel eet dat “magies vol ogies toe” ’n kwessie is nie. Biltong, neute en sade wat energie bestendig vrystel, is die wenresep
  • Help jou sintuie wakker bly deur heeltyd die stimuli te verander: draai die vensters af vir vars lug, skakel die lugversorging aan, spring tussen radiostasies en speel met die volume. Vermy ook kruisspoedreëling (cruise control) sodat die rit nie te eentonig raak nie.
  • Die beweging van jou kake en stembande as jy sing, kou of praat is willekeurige bewegings wat bloed na jou kop laat vloei en help om jou wakker te hou. As jy ’n reismaat het, gesels of speel ’n padspeletjie soos Windpomp!, Liriekeraai of karkrieket. As jy op jou eie reis is ’n saamsing-speellys ’n uitstekende plan.

Bronne: When: the scientific secrets of perfect timing deur Daniel H. Pink, www.LekkeSlaap.co.za en www.sleepfoundation.org

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Kreatiewe verskille kelder een van die spanne

Daar het ook ’n spesiale gas opgedaag – dié keer was dit Jess van Dyk…

9 hours Gelede

Pampoenbredie

Genoeg vir 4 Bestanddele   15 ml (1 e) olyf- of avokado-olie 1,5 kg lamsvleis…

20 hours Gelede

Voltooi jou kuier in Kaapstad met ’n ete by Marble Cape Town

Die ergste toeriste-gedruis na al die langnaweke het effe bedaar, die kole suis gesellig en…

2 days Gelede

Darren Scott op ‘Laataand by Rian’: “As ek nie kan praat nie, kan ek nie werk nie”

Die emosie het met tye hoog geloop toe Rian van Heerden die radio-legende Darren Scott…

2 days Gelede

Lees saam met jou kind op Wêreld Boekedag

Onthou jy knus voorleestydjies op jou ma of ’n ander volwassene se skoot? Dis vandag…

2 days Gelede

Kleur in met strooikussings

Strooikussings helder ‘n leefvertrek op. Dit is ‘n nuttige en bekostigbare bykomstigheid vir enige vertrek,…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.