Ek spot altyd dat my ouers die lelikste dorpe in die land gekies het om in te woon. (O gaats, ek gaan ’n paar mense die hoenders in maak.) Ek is in Johannesburg gebore, maar het my laerskooldae in Vereeniging spandeer en hoërskool op Benoni. Regtig eers mens geword op Tukkies waar ek geswot het.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
My pa het ’n reislus gehad. Ek dink my ma ook, maar dié het ek eers in haar latere jare ontdek (of dalk in haar wakker gemaak.) My pa sou ons sommer uit die skool kom haal om sneeu te gaan kyk. Ek dink hy het my nuuskierig gemaak oor wat daar buite is. Dit het my van jongs af grensloos gefrustreer om nie te weet hoe dit op die dorp/buurt/land langs myne lyk nie. Mens word dalk daarmee gebore, daai longing. Ek raak ook bitter gou verveeld en het nie juis ’n aandagspan nie, reis hou my gestimuleerd.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Die dag toe ek my Hilux gekoop het, 10 jaar terug, het daar soveel paaie vir my oopgegaan. Ek het meer veraf plekke besoek en langer en langer roadtrips begin doen. Dan het ek altyd vir my naaste vriende ’n storie oor my reis geskryf en vir hulle ge-mail. Hulle was mal daaroor, en het lank geneul dat ek ’n boek moet skryf. Ek het ook al hoe meer mense se reisagent begin word, en eindelik gedink: hoekom deel ek dan nou nie maar hierdie ondervindinge met almal nie?
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Eintlik wou my boyfriend ’n hond gehad het, en ons het een by die SPCA gaan soek. Maar vir my en Pixel was daar ’n konneksie met die eerste oogopslag. Die arme boyfriend het nie ’n kans gestaan nie.
Hierdie hond is ’n klein wonderwerk. Hy is al 16. Drie jaar terug is hy met kanker gediagnoseer. Dit het my ’n fortuin gekos (ek het ’n wonderlike vriend wat gehelp het met die koste), maar hy het vir bestraling (in ’n menshospitaal!) gegaan en is steeds hier. Hy is ook byna twee jaar terug met ’n lewersiekte gediagnoseer. Na ’n terugslag, hierdie week presies ’n jaar gelede, het ’n veearts my beveel om hom uit te sit. Ek het geweier. Hier is hy steeds!
Hy het altyd ’n maatjie gehad, maar Tjoppie is 3 jaar gelede oorlede. Nou is hy koning. Hy was al in 4 lande en op meer as 200 plekke. Hy is gaande oor reis, en raak neerslagtig (nes ek!) wanneer ons tuis is. Die bakkie is sy gunstelingplek op aarde.
Van sy aanneming af. 16 jaar.
Dit hang af wie bied vir ons akkommodasie aan. Vandat my blog so goed doen, bied lodges ook vir my plek aan, en sal ek hopelik in die toekoms ’n rigting van my keuse kan aanpak. Meestal bepaal die reis waar ons opeindig. Ek ontmoet mense langs die pad, en as ek weer sien, ry ek in ’n ander rigting, of bly langer, of – soos op die laaste reis – gaan 3 keer terug na dieselfde plek toe!
Ek is nie sterk genoeg om my eie band om te ruil nie, al weet ek hoe. Dis absoluut al. Ander uitdagings is om gesond te eet, gereeld te kan skryf, geld, en die beskikbaarheid van goed wat jy verloor of vergeet, soos goeie gesigroom.
Nuwe plekke! Nuwe paaie. Nuwe mense. Nuwe kos. Nuwe kultuur. Snaaksighede langs die pad. Streektaal. Nuwe weer. Die alleenheid en stiltes.
Gasvryheid. Genade, hier is darem fantastiese mense in ons land. Om ’n plek vir die heel eerste keer te sien. Om op ’n plek te staan waar daar niemand anders is nie. Om saam met Pixel te reis. Water.
Mans of mense? Hoeveel spasie het jy? Daar is so baie. ’n Xhosa-man in die kroeg by The Oyster Box Hotel in Durban wat onder André P. Brink studeer het. ’n Vriend van ’n vriend wat ’n eie vriend geword het in Mtunzini. ’n Eks-model wat weer haar voete probeer vind. Hard-gedrinkte locals. ’n Broerspaar in Kosibaai, kuiergatte en liewe mense. ’n Vrou en haar vriendin in Jozini wat eindelik hul grootword-indoktrinasies bevraagteken. ’n Ingenieur wat gedink het ek is stil en wys! Lodge-eienaars wat almal hul plekke verskillend bestuur, elkeen lieflik. ’n Verslonsde maar gelukkige visserman wat in die woud woon. Zulus in ’n taverne wat so ongelooflik bedagsaam teenoor my was. Twee reuse mans met hul piepklein hondjie wat kos maak in die Vrystaat. Boer Barry wat my band op ’n verlate grondpad geruil het. ’n Man wat my aan een van my vriende herinner, net ’n ouer weergawe. Ek het nog nooit soveel deernis in ’n mens gesien nie. Ag, ek kan aanhou, en hierdie was slegs op die laaste trip.
Pixel is drie keer deur honde aangeval op hierdie laaste reis, dit is iets wat in 16 jaar nooit gebeur het nie. Dit was ongelooflik traumaties, en het ook tot gevolg dat hy nou bang is vir ander honde.
Boer Barry was nogal snaaks. Hy was vreeslik behulpsaam, maar toe ek aanbied om sy hande te was nadat hy my band omgeruil het (ek ry mos met seep en water rond), was hy uiters verleë. Ek moes hom half beveel, en ek kon sien hoe hy dit geniet het. Ons Suid-Afrikaanse mans kan tog so tuff probeer wees. Maar dis die klein, subtiele dinge in mense wat ek snaaks vind. Ek dink mens tel dit nogal in my skryfwerk op.
Yo! Ek het begin as dosent by wat vandag TUT is, toe op ’n jong ouderdom die befaamde BoereBar in Pretoria besit. Ek was ook vir ’n hele paar jaar in die musiekbedryf betrokke. My enigste korporatiewe poging was as bemarkingbestuurder vir IMAX. Ek het al in Berlyn die Duitse senaat gekonsulteer. Ook ’n restaurant besit in Johannesburg, asook die ewe bekende Berlin Bar in Melville. Die laaste paar jaar konsulteer ek aan hotelle en restaurante, en reis natuurlik.
Deur konsultasiewerk op die oomblik, dus self. Ek betaal darem nie vir akkommodasie nie, en heelwat lodges voer my ook. Ek sal vreeslik graag borge wil kry.
BORGE! En vir my lesergetalle om aan te hou om so mooi te groei sodat ek mense kan inspireer om meer te reis, meer te waag. En om van die stories op ander platforms soos tydskrifte te kan publiseer.
Lees meer oor Gilda op Facebook – sy het ook lekker kompetisies waaraan jy kan deelneem.
MSI is opgewonde om ons eksklusiewe vakansieverkope aan te kondig, wat van 10 Desember tot…
Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…
Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…
Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.
Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…
Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…
Hierdie webwerf gebruik koekies.