Pandora betoon eer aan enigiemand wat hierdie Moedersdag ’n kind soos ’n ma liefhet. Hetsy dit deur familie, biologie, vriendskap, ervaring of al die bogenoemde is. Die nuwe Moedersdagreeks en -veldtog vier die vele vorms waardeur die liefde van ’n ma uitgedruk en verken kan word. Dit wys só dat ’n ma se liefde ver verby die tradisionele verstaan strek.
Om moederliefde te vereer, het Pandora betekenis en boodskappe by hul Mother’s Day Moments and Timeless-versameling ingesluit om die impak en invloed wat ma’s op ons lewe het, te weerspieël.
Nuwe stories, nuwe vakmanskap
Die nuwe juweliersware in die versameling is met die hand gemaak en verken stories oor ’n ma se liefde. As metafoor van moederlike beskerming is daar ’n elegante sterlingsilwerarmband wat ’n uitgesnyde hart met ’n wit mensgemaakte perlemoen van bioresin en pavei aan die kante het. Dis ’n nuwe, innoverende tegniek waarvan die resultaat seer sekerlik die oog sal vang.
Sprankelende Infinity Heart Clasp Snake Chain Bracelet
Die klassieke kettinkie en armband het unieke knippies wat die besonderse vakmanskap daarvan benadruk. ’n Hart wat met die simbool vir oneindigheid vervleg is, simboliseer oneindige liefde vir alle soorte ma’s.
Paveì Double-row Hoop Earrings
Pavei is ’n groot deel van Pandora se erfenis en identiteit, en hierdie seisoen het dit ’n moderne aanslag gekry wat tot ’n pavei spesifiek vir Pandora gelei het. ’n Lineêre montering met minstens drie rye stene gee dit ’n amper driedimensionele effek wat maak dat dit van enige hoek of kant af skitter. Die nuwe tegniek is op ringe, oorbelle en halssnoere van sterlingsilwer, ’n 14k-goudplatering of ’n 14k-roosgoudplatering te sien.
Sparkling Herbarium Cluster Stud Earrings
Moeder Natuur
Die liefde van ’n moederlike figuur is, nes Moeder Natuur, kragtig en koesterend. Die nuwe Timeless Herbarium-juweliersware weerspieël hierdie koesterende liefde met treffende mooi stukke in sterlingsilwer met fyn stene. Die ontwerpe, wat die skadu’s van blaar- en kroonblare naboots, se stene is op verskillende maniere gesny en die vorms vorm ’n skitterende samehoping van plante en blomme. Of dit ’n blomring is wat die oog vang of ’n armband met plante wat om die pols “groei”, elke juwelierstuk is ’n bemagtigende weerspieëling van wat dit beteken om soos ’n ma lief te hê en te koester.
WEN pragtige juweliersware van Pandora!
Wen ‘n sprankelende Infinity Heart Clasp Snake Chain armband (R 1 399) en Two-tone Openwork Mum & Heart Charm (R1 199)
Bepalings en voorwaardes: Alle pryse in rooi rose is onderhewig aan beskikbaarheid en is nie oordraagbaar, herverkoopbaar of terugbetaalbaar vir kontant nie. Vir nog bepalings en voorwaardes, besoek www.rooirose.co.za
Om in te skryf, volg @rooirose op Instagram en Facebook en voltooi die onderstaande vorm:
Sluitingsdatum: 31 Mei 2023