kategorieë: Sukses en geld

’n Verhaal van metamorfose

Claremont en Newlands is van die armoedigste buurte in Johannesburg en sosiale probleme soos werkloosheid, drank- en dwelmmisbruik, gesinsgeweld en die verwerping van kinders enorm. By en deur Toevlugsoord bedien Ina en haar span hierdie hele gemeenskap. Die oord, geleë in ’n gebou wat vroeër die Laerskool Newlands was, bestaan al twintig jaar, maar Ina en haar man het sewe jaar gelede deur hul gemeente hier betrokke geraak en die plek omgekeer tot veel meer as ’n tydelike skuiling. Vandag is dit ’n hawe van hoop.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

“Die plek was in ’n haglike toestand,” vertel Ina. “Agt en veertig vragte gemors is hier weggery, die vloere is geskrop, die mure geverf, die ganse plek is opgeruim. Ons het die klaskamers in wooneenhede opgedeel, elk met ‘n straatnaam en nommer sodat mense ’n regte adres kan hê. Dit gee hulle ’n gevoel van selfwaarde.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Honderd en tagtig mense kan op ’n slag by Toevlugsoord in-woon. Daar is enkelkamers en ook eenhede vir gesinne. Ina se visie was van die begin af om nie net fisieke versorging te verskaf nie, maar om elkeen wat daar kom bly, toe te rus en te help om weer selfstandig in die samelewing te funksioneer. “Ek doen voltyds berading met hulle. Baie is van dwelms of alkohol afhanklik en ons moet hulle weer skoon kry. Ons het ’n fantastiese suksesrekord. Onlangs het ons vir een van die mans wat reeds vyf jaar ‘droog’ is, werk by die kerk gegee. Hy het weer ’n gesin, ’n woonstel en ’n kar.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ina-hulle het so ’n goeie stelsel dat mense wat uitgeplaas word, nooit weer hoef terug te kom nie. “Wanneer hulle gereed is, help ons hulle om ’n werk te kry. Ons meubileer vir hulle ’n woonstel uit al die goed wat ons as skenkings ontvang.” Die meeste mense kan ná ses maande se lewensveranderende versorging in die samelewing teruggeplaas word. Daar is ook ’n kleuterskool by Toevlugsoord. Ina het een van die inwoners laat studeer en sy is nou in beheer van die skool.

“Nie ’n enkele kind uit ons kleuterskool het al in verdere skole gedruip nie. Ook ouer kinders wat nie uit ons kleuterskool kom nie, maar hier beland, word gehelp. Ek werk in die middae met hulle. Ek aanvaar nie druip vir ’n antwoord nie. Ons het selfs al prefekte en ’n hoofseun van ’n hoërskool opgelewer.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

So ’n groot plek kort natuurlik geld om hom aan die gang te hou. Daar was nog nooit ’n sent staatshulp nie. “Ons genereer ons eie geld. Ons het byvoorbeeld met spyseniering begin. Jy kan vir my sê jy wil ’n troue reël vir 350 mense en ek sê vir jou jy hoef net terug te sit. Ons sal die saal vir jou sprokiesmooi maak, fynkos opdis. Ons berei voor, ons bedien, ons ruim op. Alles word deur die inwoners gedoen. Ons lei hulle fyn op en rus hulle so toe om weer vir hulself ook te gaan werk.”
Afgesien van die oord, verskaf Ina-hulle ook duisend etes per dag aan die gemeenskap. Pakke droë kos word uitgedeel.
“Ons wil eerder voorkomend werk voor mense se omstandighede so haglik is dat hulle in die Toevlugsoord moet beland.”
Ina Smit het nie ’n ledige oomblik in ’n dag nie.

Sy is met hart en siel toegewyd aan haar taak om mense se lewe om te swaai. Pret-aande vir die jeug, ’n gimnasium, ’n rekenaarsentrum en sekuriteitsdienste is enkele van die projekte wat onder haar leiding tot stand gekom het. “Ongelukkig weet te min mense van ons en ons ongelooflike sukses, en ons het te min geld om publisiteit te koop.”

Enige bydrae van watter aard ook al is welkom. Dit kan geld wees (“ons elektrisiteitsrekening is enorm”), dit kan jou kennis of vaardigheid wees, dit kan huisware wees, rekenaars, Bybelstudie-aanbieding, noem maar op. Alles word gebruik en niks word vermors nie. “Ek dink dis hoekom die Here ons so seën.”

# Ina Smit is al meer in aanvraag as motiveringspreker.

Bel haar by 083 630 4973 of 011 477 4909 as jy meer wil weet van Toevlugsoord, of as jy op een of ander manier kan help.

Deel
Gepubliseer deur
Anelle Tewson

Onlangse plasings

Vinnige lamskerrie

Vinnige lamskerrie 4 porsies Bestanddele: 1 ui, fyngekap 100 g kerriepasta 1 kg lamsvleis, in…

26 mins Gelede

Kry só jou tuin reg in Julie

Julie: Doen dit in die tuin     1. Snoei rose teen einde Julie of…

39 mins Gelede

Kry weer woema in die winter

As die winter jou vaal en verlep laat voel, is dit tyd vir ’n lekker…

3 hours Gelede

Sagte rogbrood

Bak hierdie lieflike en geurige brood en vul jou huis met die hartverwarmende geur van…

3 hours Gelede

5 maniere om meer selfvertroue te hê

Ons wil almal die soort vrou wees wat ’n kamer binnestap en selfvertroue uitstraal. Gebruik…

21 hours Gelede

‘n Velsorggids vir elke ouderdom

Soos ‘n mens ouer word, raak dit moeiliker om die sigbare tekens van elke verbygaande…

22 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.