kategorieë: VelsorgSkoonheid

‘n Velsorggids vir elke ouderdom

Soos ‘n mens ouer word, raak dit moeiliker om die sigbare tekens van elke verbygaande dekade in toom te hou. Die liggaam se afnemende kollageenproduksie is grootliks die rede vir die vorming van plooie en die verlies van die vel se soepel en natuurlike voorkoms. Tog hoef skoonheid nie deur ouderdom bepaal te word nie. Gelukkig leef ons in ‘n era waar daar verskeie voordelige, veilige, en betroubare maniere is om jou voorkoms te onderhou sonder om die tyd terug te draai. Sommige mense kies kosmetiese prosedures om ‘n stralende voorkoms te behou terwyl ander vir nie-chirurgiese behandelinge wat net so effektief kan wees verkies.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

“Elke lewensfase betrek spesifieke velsorgbehandelinge,” sê Dr. Alek Nikolic, mediese skoonheidspesialis en eienaar van Aesthetic Facial Enhancement. “Wanneer jy in jou twintigs is, is voorkomende maatreëls die beste manier om jou vel se voorkoms te onderhou. Soos jy ouer word, sal jy jou velsorgroetine moet aanpas en spesifieke behandelinge moet toepas om ’n jeugdige voorkoms te behou.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Dr. Nikolic deel sy raad om ‘n gesonde en natuurlike voorkoms in elke lewensfase te help onderhou:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Jou twintigs is wanneer jou vel se natuurlike kollageenvoorsiening op sy beste is. Dit is belangrik om goed na hierdie voorsiening om te sien en daar is talle maniere om dit te doen. Volgens Dr. Nikolic is dit belangrik om ‘n sonskerm met ‘n goeie UV-beskerming aan te wend. Blootstelling aan die son sonder velbeskerming is een van die vinnigste maniere om kollageen af te breek. Jy kan ook velsorgprodukte gebruik wat antioksidante en kollageen-versterkende bestanddele soos vitamien C en retinol bevat.

Volgens Dr. Nikolic kan rome en serums wat kollageen bevat help om kollageenproduksie te verhoog en die vel se vogtigheid te onderhou. “As jy graag ‘n stralende voorkoms wil onderhou soos jy ouer word is dit ‘n goeie idee om vroegtydig in ‘n reeks kollageen-stimulerende behandelinge te belê. Dit sluit inspuitbare velversterkers, IPL (intense gepulseerde ligterapie) en vel-afskilferingsbehandelinge in,” sê Dr. Nikolic.

Wanneer dit by kosmetiese prosedures kom, verduidelik Dr. Nikolic dat “Meeste mense se vel is op sy gesondste is in hul twintigs. Dit is hoekom dit meer algemeen is vir mense om estetiese verbeteringe later in hul lewens te oorweeg. Jonger mense sal wel chirurgie oorweeg as gevolg van drastiese sonbeskadiging en die begeerte om hul fisiese voorkoms te verander. Raadpleeg ‘n mediese spesialis wie die prosedures en nagevolge vir jou kan verduidelik.”

Sommige mense is gelukkig om hul twintigjarige voorkoms in hul dertigs te geniet. Die res van ons mag meer opvallende tekens van veroudering ervaar. In jou dertigs, kan jou onder-oog area donkerder lyk. Jou onderste ooglede kan ook egter lyk of dit geswel is. Jy sal ook fyn tot dieper plooie om jou oë, voorkop, mond en lippe opmerk.

As jy in vorige jare nie getrou was aan ‘n deeglike velversorgingsroetine nie, is daar baie rome en serums wat jou vel se balans kan help herstel. Byvoorbeeld, Dr. Nikolic se sk.in-reeks sluit ‘n “medi-shot” genaamd sk.in pure in wat ‘n suurstofstimulerede vel-afskilferingbehandeling bied wat die voorkoms van ‘n pragtige en verfrisde vel bevorder. Die gevolg is ‘n voorkoms van versagte plooie en verbeterde vogvlakke wat jou vel ‘n glansende tekstuur gee – nés ‘n spa-behandeling.

As jy nie na jou vel kyk nie, sal ‘n ongelyke en vaal voorkoms waarskynlik ‘n werklikheid word. In jou veertigs daal kollageenproduksie nog méér as in vorige jare.”In jou veertigs kan jy nie meer bekostig om jou oggend- en aandvelsorgroetines te verwaarloos nie óf om minder te doen as wat jy in jou dertigs en twintigs gedoen het nie,” sê Dr. Nikolic.

Hy beveel verder aan om met inspuitbare behandelinge soos Botulinum Toxin of sagte weefsel-vulstowwe te begin. As jy reeds hierdie behandelinge in vroeëre jare begin het, sal dit slim wees om daarmee voort te gaan. Sonskerm is dan nog meer noodsaaklik. Maak seker dat jou fondasie SPF-beskerming bied (ten minste SPF 30 of hoër vir jou gesig) en maak dit ‘n gewoonte om jou vel nie sonder sonskerm aan die son bloot te stel nie. Sagte weefsel-dermale vulstowwe (“dermal fillers”) moet in jou veertigs oorweeg word om die verouderingsproses te vertraag, die voorkoms van skaduwees te verminder, vetkussings te help vervang, versonke gesigstrukture soos die wange te lig, die kakebeen te definieer en ‘n jeugdige gesigsverhouding te onderhou.

Dit is wanneer tekens van veroudering duidelik sigbaar word in die nek en gesig. Teiken hierdie areas met innoverende skoonheidsmiddels met hialuroniese suur-bestanddele wat onder die vel met NAHYCO-tegnologie werk. Wanneer dit in die vel ingespuit word, stimuleer die hialuroniese suur die vel se sellulêre reseptore wat velverslapping teenwerk en ‘n ferm voorkoms met kolleageenstimulasie verhoog. Dit kan ook vir die borsarea en hande gebruik word—twee dele van die liggaam waar veroudering die opvallendste is.

Besoek www.dralek.co.za om met Dr. Nikolic oor ‘n velsorgplan te gesels.

Lees ook: Raad vir wintervel

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

5 maniere om meer selfvertroue te hê

Ons wil almal die soort vrou wees wat ’n kamer binnestap en selfvertroue uitstraal. Gebruik…

12 hours Gelede

Karamelspringmielies-en-mout-koekies

Gebruik ons resep vir basiese soetkoekies en maak hierdie lieflike karamelspringmielies-en-mout-koekies. Die koekieblik sal nie…

16 hours Gelede

Vanaand op ‘Een keer om die son’

Een keer om die son, volg die lief en leed van een familie oor die…

17 hours Gelede

Suidooster: Vyf stormagtige kinkels wag op kykers in Julie

’n Tornado van drama gaan glo Ruiterbosch, die fiktiewe Kaapse woonbuurt waar Suidooster afspeel, dié…

2 days Gelede

Maklike resepte vir ’n maand

Hierdie gesonde, smaaklike etes is die ideale uitweg vir almal wie se dae te vol…

2 days Gelede

Red hierdie winter jou vel

Die African Extracts Multi-Purpose Tissue Oil vir jou gesig, liggaam en hare is die perfekte…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.