kategorieë: Gesondheid

’n Tweede kans

“Almal het ’n oomblik wat jou lewe verander. Myne was in Junie 2005 toe ek borskanker gekry het. Ek was net 29,” sê die borrelende Samantha (Sam) Galliet, stigter van Pink Link en Campaign for Cancer. Sy het dié twee nieregeringsorganisasies (NRO) gestig nadat sy ’n hofsaak teen haar mediese fonds gewen het om die duur kankerbehandeling te kon kry wat haar lewe gered het. Sam is nou ná vier jaar kankervry.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

“Ek het destyds die knop in my bors gevoel, maar gedink dis ’n klier, want ek is nog jonk. Toe dit seer word, het ek vir ’n ondersoek gegaan. Dit was kanker. Alles was deurmekaar, ek het níks geweet nie en moes groot besluite neem.”
’n Verslae Sam het op ’n mastektomie besluit. Haar regterbors is verwyder en sy het chemoterapie gekry. Maar in November het nóg ’n bom gebars. Sam het verdere behandeling nodig gehad, want sy het ’n baie aggressiewe vorm van borskanker gehad en net ’n 7% kans op oorlewing. Haar enigste redding was die gebruik van Her-ceptin, ’n Amerikaanse ontdekking wat R25 000 per behandeling kos en elke drie weke herhaal moet word. Maar toe weier haar mediese fonds die behandeling.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

“Dis al wat my kon red. Herceptin verhoog jou kans op oorlewing met 30%. Dis ’n wonderwerkkuur vir borskanker. Ek is op Discovery se top mediese plan en het besluit om te baklei vir die behandeling, hoe kan húlle besluit of ek moet lewe of doodgaan?”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Sy het ’n prokureur gaan spreek wat gesê het dis ’n goeie saak.

“Ek het agt ander vroue gekry om die saak te versterk en ná ’n stryd in die hooggeregshof het ons die saak in Maart 2006 ge-wen! Dit was ongelooflik. Baie van hulle het kinders en te danke aan Herceptin is ons ’n kans gegun om te lewe. Die meeste mediese fondse betaal nou daarvoor, indien jy op die regte plan is.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Tot en met die hofsaak was Sam ’n produkbestuurder by ’n groot IT-maatskappy, maar het bedank.

“Ek was ’n ander mens. Kanker het my gedwing om te kyk na wie ek is, en nie wie ander wil hê ek moet wees, of wie ek dink ek behoort te wees nie. Dis maar soos met elke groot tragedie wat oor jou pad kom – ek het gekies om te word wie ek regtig is.

In Oktober 2007 het sy PinkLink, ’n borskankersteungroep en NRO, gestig. Sy is so oorval deur mense wat ook ander kankers het dat sy in 2008, net nadat borskanker weer by haar gediagnoseer is, nóg ’n NRO en kankersteungroep, Campaign for Cancer, gestig het. Dié organisasie was die eerste pasiëntegroep wat die Minister van Gesondheid genooi het om op die ministeriële taakspan vir ’n gesonheidsbeleid te dien.

“Ek wil alle kankerlyers inlig en help veg om seker te maak dat hulle die régte behandeling kry – daar was niemand om my te help en raad te gee nie.

“Ek het gekyk na hoe kanker in Eerstewêreldlande behandel word en dit met ons land vergelyk. Ons grondwet bepaal dat elke burger die reg op ordentlike mediese behandeling het. Ons fokus is om mense te laat verstaan wat hul mediese regte is.

“Elkeen van ons gaan een of ander tyd ’n pasiënt wees, nie noodwendig kanker nie, en dan moet ons weet wat ons kan en moet kry. Ek is nie meer die slagoffer nie, en wil nou graag ander mense help met hul stryd.”

Vir bystand of raad oor borskanker en die behandeling daarvan gaan na www.pinklink.org en vir kanker gaan na campaign4cancer.com of kontak Samantha Galliet by 083 629 1024.

Samantha se wenke vir diagnosering en behandeling van borskanker

• Ken jou borste.
• Doen elke maand ’n bors-ondersoek – as daar enige veranderinge is, gaan onmiddellik dokter toe.
• Doen PinkLink se risiko-analiseringstoets om jou risiko te bepaal (www.canderel.co.za, klik op die “5 minutes for life”-banier).
• Neem verantwoordelikheid vir jou gesondheid deur jou mediese fonds en dekking te verstaan.
• Vertrou jou instink. as jy onseker voel oor iets, soos ’n diagnose, kry ’n tweede mening.
• Moenie paniekerig raak as jy ’n kwessie met behandeling of betaling het nie, volg die voorgestelde eskalasieproses en dring aan op jou regte!

Oorspronklik gepubliseer in Junie 2009

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose
Tags: borskanker

Onlangse plasings

Vinnige lamskerrie

Vinnige lamskerrie 4 porsies Bestanddele: 1 ui, fyngekap 100 g kerriepasta 1 kg lamsvleis, in…

38 mins Gelede

Kry só jou tuin reg in Julie

Julie: Doen dit in die tuin     1. Snoei rose teen einde Julie of…

51 mins Gelede

Kry weer woema in die winter

As die winter jou vaal en verlep laat voel, is dit tyd vir ’n lekker…

3 hours Gelede

Sagte rogbrood

Bak hierdie lieflike en geurige brood en vul jou huis met die hartverwarmende geur van…

4 hours Gelede

5 maniere om meer selfvertroue te hê

Ons wil almal die soort vrou wees wat ’n kamer binnestap en selfvertroue uitstraal. Gebruik…

21 hours Gelede

‘n Velsorggids vir elke ouderdom

Soos ‘n mens ouer word, raak dit moeiliker om die sigbare tekens van elke verbygaande…

22 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.