‘n Suid-Afrikaanse sprokiesverhaal! – Deur Zoë Salzwedel. Hooffoto: Instagram (Tim Tebow)
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Dit lyk soos iets uit ’n sprokiesverhaal, maar dié keer met braaivleisvure, Zavion se blommerangskikkings, ’n romantiese wynlandgoed en tradisionele gesigverf.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Die liefde blom behoorlik tussen die voormalige Mej. Heelal en haar verloofde, die Amerikaanse bofbalspeler, Tim Tebow. Terwyl daar geswyg word oor enige besondere rondom dié paartjie se trouplanne, word daar wyd bespiegel dat hulle vandag nog gaan afhaak – en dat Sondagaand se viering soortgelyk is aan die Amerikaanse tradisie van ’n oefensessie (“rehearsal dinner”) met al die betrokkenes voor die groot dag.
’n Betroubare bron na aan die paartjie het Saterdag (18 Januarie 2020) aan Netwerk24 verklap dat Demi-Leigh en Tim vandag (Maandag die 20e) trou.
Volgens www.theknot.com, waar items vir die paartjie se trou-register verskyn, is die bestemming vir hulle wittebrood ’n geheim, maar verklap wel dat dit op ’n sonnige, tropiese bestemming sal wees.
Van die items in die trou-register is onder andere swartgraniet-kaasmesse, Schott Zwiesel-wynglase, ’n graniet-en-hout-kaasbord en ’n spoggerige vloer-tot-dak-spieël. Demi-Leigh en Tim het ook ’n liefdadigheid-opsie by hulle geskenkregister gevoeg en bied gaste die geleentheid om geld te skenk aan die Tim Tebow Foundation.
Demi-Leigh het Saterdag ’n video op haar Instagram-profiel gedeel waar dié twee saam met gaste kuier, tussen wingerde voor ’n berghang vir foto’s poseer en baie lag en gesels. Later is daar ook foto’s en video’s gedeel van ’n vrou wat vir Demi-Leigh tradisionele Xhosa-gesigsverf aansit. Tim het ook te lekker met dié verfkolletjies op sy gesig gespog.
In die video – wat teen vandag meer as 525 000 keer gekyk is – kan ’n mens sien dat die gaste ook vrolik saam in die verfkolletjie-pret gedeel het.
Demi-Leigh en Tim het Sondagaand nóg ’n groot opskop, en dié tweede een van die naweek, in Suid-Afrika gehou. Demi-Leigh het Sondagaand ’n video op Instagram gedeel van ’n deftige onthaal met ’n lang tafel langs ’n swembad, romantiese liggies en duisende blomme. Dié paartjie het vreeslik verlief en droomverlore in mekaar se arms saamgeswieg op musiek wat deur ’n jazzorkes verskaf is.
Talle mense, insluitende albei die verloofdes se pa’s, het in die opvolgvideo van 2 en ’n half minute, ’n toespraak gelewer. Demi-Leigh bedank dan later al die stelle ouers voordat Tim verduidelik dat hoewel Demi-Leigh bereid was om in Amerika te trou, hy geweet het “niks sou dieselfde gewees het as sy nie by die huis is nie.”
’n Betroubare bron na aan die paartjie het aan Netwerk24 verklap dat die paartjie glo vandag trou.
Gaste moes glo in die Kaapse middestad bymekaar, waarvandaan hulle dan met bussies na die trou-venue vervoer sou word. Dié venue is glo ’n halfuur buite die stad. Nes Vrydagaand se verwelkomingspartytjie en Sondagaand se “rehearsal dinner” sal die troue na alle waarskynlikheid ook in die wynlande gehou word.
Na verneem word, sal die Suid-Afrikaanse troue opgevolg word deur ’n troue in Amerika.
Middelslagtert genoeg vir 6-8 mense. Bestanddele Deeg 350 g koekmeel 60 ml (¼…
Deur Thinus Ferreira. Foto's: Verskaf. Dié aantreklike plaasseun en safarigids van Simmenau, sowat…
Hierdie beduidende kontantvoordeel word volgens die AVBOB-raad se goeddunke uitgereik en is die sesde spesiale…
Om ’n goeie verhouding met tieners te hê, was nog nooit maklik nie, maar in…
Skop die nuwejaar af met dié heerlike vars slaaie! Resepte deur Vickie de Beer
Deur Rentia Mynhardt. Foto’s: Verskaf Om ma en dogter op papier te wees is…
Hierdie webwerf gebruik koekies.