kategorieë: Ontspanning

‘n Stormagtige Suidooster word vir Augustus voorspel

Soos die geheime ontrafel en verhoudings begin wankel, is dit so seker soos die Kaapse Suidooster wat waai dat meeste van Ruiterbosch se inwoners voor groot toetse te staan gaan kom.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

  1. Mymoena bevind haarself in baie diep gat en beraam ’n skokkende plan om uit haar penarie te kom. Dit is egter moeiliker as wat sy gedink het om dit wat sy verbrou het, reg te maak. Dit lei daartoe dat die Samsodiens voor ’n deurslaggewende kruispad te staan kom.
  1. Texas en Nazeem is op hete kole oor hoe die “dice” vir die casino gaan val. Hulle het immers al bewys dat hulle vir hul onblusbare geldgierigheid koelbloedig met mense se lewens sal dobbel.
  1. Aiden droom van ’n toekoms saam met Lisa, maar Thys se wisselvallige gedrag bemoeilik sake. Intussen, namate inwoners van Ruiterbosch begin siek word, vermoed Aiden onraad. Dit lei tot skokkende onthullings wat sy wêreld aan skerwe ruk.
  1. Bridgette se pogings om Kupido vir Zoë te speel, loop skeef. Zoë begin dink dat ou liefde dalk nie roes nie. Intussen bereik die spanning tussen haar en Angie breekpunt.
  1. Mrs J neem ’n verrassende besluit, wat haar dogters heeltemal onkant vang.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ja, die Kaapse winterstorms speel nie en dit gaan gewis sy tol eis voor die lente in Ruiterbosch aanbreek…

Kyk Suidooster elke weeksdag om 18:00 op kykNET en 18:30 op kykNET & Kie. Dit is ook op DStv Stream en Showmax beskikbaar.

Lees ook: Leer meer oor ‘Een keer om die son’ se legendariese akteurs

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Net drie spanne oor ná stormagtige braai-uitdaging

In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…

2 days Gelede

Pak jou somerlinne só weg

Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…

2 days Gelede

Foute wat jy moet vermy wanneer jy jou slimfoon laai

Deur Jade Rhode   As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…

2 days Gelede

Was jou grimeerkwassies só

Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld?  - Tirsa van Staden Lees…

2 days Gelede

‘The Mommy Club’ se Ansu Viljoen: ‘Nie almal is bedoel om in jou binnekring te wees nie’

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

2 days Gelede

Suurlemoen-en-klapper-skywe

Resep deur Vickie de Beer

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.