kategorieë: Blogs

’n Spesiale oomblik

Ons het baie gou in Šibenik geleer dat trappe klim en styltes uitbeur aan die orde van die dag is as jy in hierdie ou berghangstad iewers wil kom. Mens moes eenvoudig soms net gaan stilstaan om weer bietjie asem te kon skep. Dit was met een so ’n stilstaan in ‘n nou stegie dat ons ‘n vriendelike dame voor Konoba Dalmatino ontmoet het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

‘n Praatjie aangeknoop hoor die dame dat ons eintlik op soek is na ‘n oulike restaurant om die aand in deur te bring.
Soos die geluk dit wou hê was die dame gasvrou in die Konoba Dalmatino op die Ulica Nikole Ružica reg waar ons gestaan het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

“Julle is baie welkom in ons restaurant, kom gerus binne,” het sy genooi. “Ons het nie juis die grootste spyskaart nie, maar dit wat wel op die spyskaart is, is van die heel beste in Kroasië en ons trotse spesialiteite. Dis die eerste keer dat ons Suid-Afrikaners kan ontvang en dit sal daarom ‘n baie spesiale plesier wees om julle te laat geniet van ons beste tradisonele disse en gasvryheid. Wees welkom.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Terwyl die ander na die spys- en wynkaarte begin kyk het, was my belangstelling onmiddellik by die uitsonderlike dekor van die restaurant. Stokou plaasgereedskap soos ‘n eenskaarploeg, gaffel, blaasbalk en oesmandjies asook daaglikse gebruiksgoed soos potte en panne wat ek nog goed uit ‘n reis deur Joegoeslawië van meer dan 50 jaar gelede onthou het, is deur die eienaar Vinko versamel en vir bewaring in die restaurant tuisgebring.

My herinnering van ‘n armlastige Kroasië en Šibenik as deel van kommunistiese Joegoeslawië was heeltemaal aan skerwe met die ontdekking van ‘n vooruitstrewende, nuwe, onafhanlike Kroasië met mense wat die toekoms entoesiasties tegemoetgaan.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ons keuse van spesiale Šibenik prosciutto ham – ham in sout gepreserveer, gerook en winddroog gemaak – vleis, hoender en visgeregte het onmiddellik alle manskappe in die kombuis gehad.

Nog ‘n klompie toeriste wat na ons binnekom het, se ore het regop gaan staan toe hulle hoor ons praat van hoe ‘lekker’ dit in die restaurant is. ‘Lekker’ was die woord toe ons agterkom dat hulle Vlaminge uit België is en ons mekaar ewe goed kon verstaan. Toe het dit eers lekker gegaan!

Vinko het diep in sy wynkelder die beste bottels rooi Kroasiese Plavina en wit Marastina wyne opgediep. Teen die kos op die tafels verskyn het, was die fees in volle swang. Heerlike roomysnagereg het tradisioneel saam met ‘n glasie yskoue goue Šibenik-sjerrie gekom.

Voor ons kon loop moes ons nog eers ons name op die muur van die restaurant skryf as ‘n blyk van wonderlike nuwe vriendskappe wat die aand daar gesluit is – iets soos ‘n drie-nasie verbond!
Lank lewe Konoba Dalmatino en Šibenik! Uzdravle!

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Die Wincklers kuier by Rian: ‘Dit was moeilik om daardie tyd stil te bly, maar dis wat die Here vir my gesê het’

Heinz en Aletté-Johanni Winckler was vandeesweek Rian van Heerden se gaste op Laataand by Rian. Dié…

55 mins Gelede

Groot feesmakietie in die volstruisdorp

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en Hans van Veen      Die 29ste KKNK, geborg…

1 hour Gelede

‘Die Brug’ is terug! Wat wag in die tweede seisoen?

Die brug is amper hier!   Die tweede seisoen van Die brug begin vlak onder die wolke…

19 hours Gelede

Middeljare: Krisis of keerpunt?

Deur Maretha Botes     In my internetsoektog na die woord “middeljarekrisis” word ek met…

22 hours Gelede

Koopgids: Ietsie spesiaals vir Ma

Shower to Shower Fresh Glow Shower Crème Die nuwe Shower to Shower Fresh Glow Shower…

1 day Gelede

Bruintjies in ’n eiertjie

Genoeg vir 12 eiertjies of 6 bruintjies as jy dit in ’n muffinpannetjie bak

2 days Gelede