’n Spaanse seekospot
Serves: Genoeg vir 6
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- 30 ml (2 e) olyf- of avokado-olie
- 2 chorizoworsies, oorlangs in ringe gesny
- 2 uie, gekap
- 1 stingel seldery, dun gesny
- 2 wortels, geskil en in 3 cm-stukke gesny
- 2 knoffelhuisies, gekneus
- sout en gemaalde swartpeper
- 1 rooi rissie, in die lengte middeldeur gesny, pitte verwyder en fyn gekap
- knypie saffraan
- 15 ml (1 e) paprika
- 250 ml (1 k) witwyn
- 2 x 410 g-blikke heel, geskilde tamaties, fyn gedruk met ’n vurk
- 15 ml (1 e) tamatiepasta
- fyn gerasperde skil van 1 suurlemoen
- 2 hande vol baba-aartappels
- 1 kg visfilette soos stokvis en rooi roman
- 500 g gemengde skulpvis soos garnale en mossels
- 2 x 410 g-blik botterbone, gedreineer
- hand vol pietersielie, gekap
Instructions
1 Braai die worsies tot goudbruin in die verhitte olie. Haal uit en hou eenkant.
2 Voeg die uie, seldery, wortels en knoffel in die potjie en verbruin. Geur na smaak.
3 Voeg die rissie, saffraan, paprika, witwyn, tamaties, tamatiepasta en suurlemoenskil by. Bedek en bring tot die prutstadium.
4 Voeg die aartappels by, bedek vir 20-30 min. tot sag gekook, maar nie pap nie.
5 Pak die visfilette, dan skulpvis, chorizo-worsies en botterbone in lae bo-op. Bedek en prut vir 20 min. tot gaar. Meng die pietersielie deur en sit voor.
Michelle Nortje
Lees Meer
5 vinnige visresepte vir aandete
20/01/2025
Braairesepte vir seekos
04/12/2024
Tagliatelle met kersietamaties en tuna
22/10/2024