kategorieë: VelsorgSkoonheid

’n Sonskerm-roetine vir jou kinders

’n Sonskerm-roetine vir jou kinders deur: Suzanne Kotzé. Hooffoto: Pexels

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Sonblootstelling in die kinderjare is ’n aanleidende faktor in die ontwikkeling van velkanker op ’n latere ouderdom. Maak jou kinders bewus van die gevare van die son en leer hulle die gewoonte aan om sonskerm aan te smeer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Lees ook: Vakansieskoonheid SOS!

“Kinders hou daarvan om betrokke en in beheer van takies te wees en om daarvoor beloon te word,” sê Marli Delport en dr. Ann Geldenhuys, stigters van K.Beauty Africa.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lees ook: Sonskerm en branderige oë

Die span van K.Beauty Africa beveel aan dat Charles Duhigg se “The Power of Habit” gebruik kan word om die gewoonte te vestig:

  1. Identifiseer ’n roetine, byvoorbeeld: Smeer elke dag sonskerm aan nadat jy jou tande geborsel het.
  2. Eksperimenteer met belonings: Prys die kind, laat hom sy eie sonskerm kies … (Jy hoef dit net te doen tot die gewoonte gevestig is.)
  3. Bepaal tekens: Leer hulle om weer sonskerm aan te smeer nadat hulle geswem het, as hulle warm kry, gesweet het, of wanneer hulle UV-sonarmbandjies van kleur verander.

“Pak ook vir jou kinders sonskerm in skool toe en leer hulle om dit voor pouse en sport aan te smeer,” is Stephnie-Anne Dickensen van Optiphi se raad.

Lees ook: Sonslim met sonskerm

In ons huis het ek en my seuntjies hierdie plakkaat gemaak wat ons teen binnedeur na die garage geplak het. So onthou ons almal om sonskerm aan te smeer (ek hou ekstra sonskerm in ’n sakkie naby die deur, sodat niemand nog hoef terug te hardloop om sonskerm te gaan haal nie; ja, ons is altyd gejaagd en effe laat).

Lees ook: 6 dinge wat jy oor sonskerm moet weet

Almal se son hoedjies hang ook sommer by die deur.

Foto: Suzanne Kotzé

Verf een saam met jou kinders of laai ons s’n hier af. Ek het ons plakkaat ook gelamineer.

Lees ook: Hoeveel sonskerm moet jy gebruik?

Probeer die volgende produkte

Bioderma

Bioderma Photoderm Kid SPF50 (R282,95), die effens blouerige kleur van die sonskerm maak dit maklik vir kinders om te sien waar hulle nog moet smeer.

Everysun

Die Everysun kids SPF50 Sunscreen Lotion (R99,95) is lig en glad nie olierig nie.

Nivea

Nivea Sun kids SPF50 Protect & Sensitive Sun lotion (R179,95) is ideaal vir kinders met ’n sensitiewe vel.

Deel
Gepubliseer deur
Corné Greeff

Onlangse plasings

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

1 hour Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

4 hours Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Kreatiewe verskille kelder een van die spanne

Daar het ook ’n spesiale gas opgedaag – dié keer was dit Jess van Dyk…

17 hours Gelede

Pampoenbredie

Genoeg vir 4 Bestanddele   15 ml (1 e) olyf- of avokado-olie 1,5 kg lamsvleis…

1 day Gelede

Voltooi jou kuier in Kaapstad met ’n ete by Marble Cape Town

Die ergste toeriste-gedruis na al die langnaweke het effe bedaar, die kole suis gesellig en…

2 days Gelede

Darren Scott op ‘Laataand by Rian’: “As ek nie kan praat nie, kan ek nie werk nie”

Die emosie het met tye hoog geloop toe Rian van Heerden die radio-legende Darren Scott…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.