’n Sonskerm-roetine vir jou kinders deur: Suzanne Kotzé. Hooffoto: Pexels
Sonblootstelling in die kinderjare is ’n aanleidende faktor in die ontwikkeling van velkanker op ’n latere ouderdom. Maak jou kinders bewus van die gevare van die son en leer hulle die gewoonte aan om sonskerm aan te smeer.
Lees ook: Vakansieskoonheid SOS!
“Kinders hou daarvan om betrokke en in beheer van takies te wees en om daarvoor beloon te word,” sê Marli Delport en dr. Ann Geldenhuys, stigters van K.Beauty Africa.
Lees ook: Sonskerm en branderige oë
Die span van K.Beauty Africa beveel aan dat Charles Duhigg se “The Power of Habit” gebruik kan word om die gewoonte te vestig:
- Identifiseer ’n roetine, byvoorbeeld: Smeer elke dag sonskerm aan nadat jy jou tande geborsel het.
- Eksperimenteer met belonings: Prys die kind, laat hom sy eie sonskerm kies … (Jy hoef dit net te doen tot die gewoonte gevestig is.)
- Bepaal tekens: Leer hulle om weer sonskerm aan te smeer nadat hulle geswem het, as hulle warm kry, gesweet het, of wanneer hulle UV-sonarmbandjies van kleur verander.
“Pak ook vir jou kinders sonskerm in skool toe en leer hulle om dit voor pouse en sport aan te smeer,” is Stephnie-Anne Dickensen van Optiphi se raad.
Lees ook: Sonslim met sonskerm
In ons huis het ek en my seuntjies hierdie plakkaat gemaak wat ons teen binnedeur na die garage geplak het. So onthou ons almal om sonskerm aan te smeer (ek hou ekstra sonskerm in ’n sakkie naby die deur, sodat niemand nog hoef terug te hardloop om sonskerm te gaan haal nie; ja, ons is altyd gejaagd en effe laat).
Lees ook: 6 dinge wat jy oor sonskerm moet weet
Almal se son hoedjies hang ook sommer by die deur.
Verf een saam met jou kinders of laai ons s’n hier af. Ek het ons plakkaat ook gelamineer.
Lees ook: Hoeveel sonskerm moet jy gebruik?
Probeer die volgende produkte
Bioderma
Bioderma Photoderm Kid SPF50 (R282,95), die effens blouerige kleur van die sonskerm maak dit maklik vir kinders om te sien waar hulle nog moet smeer.
Everysun
Die Everysun kids SPF50 Sunscreen Lotion (R99,95) is lig en glad nie olierig nie.
Nivea
Nivea Sun kids SPF50 Protect & Sensitive Sun lotion (R179,95) is ideaal vir kinders met ’n sensitiewe vel.