kategorieë: BlogsOntspanning

’n Revolusie wat red

Liewe Prof. Noakes,

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Of wag, ek noem jou sommer Tim. Want jy voel soos ’n jare lange vriend. Een vir wie ek nie noodwendig altyd lus is om te luister nie, maar ás ek die slag luister werk dit wat jy sê sommer dadelik. Boonop is jy famous – weet jy hoe baie mense oor jou praat, oor jou skryf, oor jou skinder, jou probeer uitvang, jou probeer kritiseer, jou probeer aanvat, en jou selfs komplimenteer?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Jy’t ’n revolusie begin. ’n Massiewe omwenteling in die manier hoe ons oor kos dink, hoe ons eet en hoe ons koop. Of liewer: ’n massiewe omwenteling in die manier hoe ek oor kos dink, hoe ek eet en hoe ek koop. Jy’t gerebelleer, die koswêreld omver gewerp. En vir ’n klomp van ons weer nuwe hoop gegee.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Al weet ek (en jy) jou benadering is nie noodwendig uniek nie. Daar’s ander wat lankal dink soos jy dink. Daar’s baie, ook onder my vrinne, wat nie met jou saamstem nie. Dalk is dit die professor-titel, dalk die feit dat jy eerlik jou foute van die verlede erken, dalk jou toeganklikheid, jou publisiteitsmasjien – maar hierdie keer luister ek.

Jou revolusie is goed georganiseer; dít werk vir my.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Want sien, Tim, ek hou van eet. Lekker eet. Ek (en die res van ons) vier met kos, treur met kos en troos met kos. Ek kyk die spieël en die skaal mis, het lankal opgehou om te probeer om my maag in te trek, dra graag losgoedjies en rekbroeke, koop Sondae poeiers en pakkies om Maandag en Dinsdag te dieet, en vertel myself Woensdag dat daar belangriker dinge is as om oor jou lyf te stres. Eet dan uitgehonger nog ’n worsie of drie uit die oop pakkie in die yskas, ’n koekie uit die kinders se kosblik, ’n sny brood of drie met baie stroop en kaas, sluk die spul af met ’n glas gas en klim opgeblaas in die bed – en doen die volgende oggend weer my bes om met losgoedjies die lyf weg te steek.

Al jare lank.

Tot ’n week of drie gelede. Die vriendelikste arts in die Kaap frons. My lyf is moeg en moedeloos, my brein fikser as ooit. Ek’s gefrustreerd, my reserwes uitgeput.

Jy moet ’n plan maak, sê hy. Vertel die storie van sy eie slanker lyf, en sy skoonma s’n. “Hou by die basiese beginsels,” sê hy. “Moet eers vir niemand sê nie. Doen dit net.”

Jy’t dié revolusie nodig, dink ek.

Ek koop jou boek. Lees The Real Meal Revolution vir almal wat wil hoor. Besluit om te beheer wat ek kan beheer.

Dis drie weke later. Ek’s suiker-, stysel- en kitskosloos. ’n Tiende van die gewig wat moet weg het reeds verdwyn. My losgoedjies sit losser, my gemoed is ligter.

Beste nog: ek vier steeds met kos, treur met kos en troos met kos. Minder kos, lekker kos.

Dankie, Tim. Jou revolusie kan my dalk net red.

Tot volgende week,

Marí

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geroosterde pampoenskywe met tiemie-en-parmesaan-granola

Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…

2 days Gelede

‘The Mommy Club: Van die Hoofstad’: Ontmoet die glansryke vroue van die splinternuwe werklikheidsreeks

Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…

2 days Gelede

Appel-peer-en-karamel-tert

Genoeg vir 8       Bestanddele   Tertdeeg 375 g koekmeel  2,5 ml (½…

2 days Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Klein vissies kelder een span en laat ’n ander span juig!

In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…

3 days Gelede

Suid-Afrika skitter by Louvre Abu Dhabi

Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi    …

3 days Gelede

Hoe om brandrissie-olie te maak

Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.