kategorieë: Blogs

’n Regte lyf

Dalk moet ek maar die waarheid in die oë kyk. ’n Diepgaande studie van presies watter kledingstukke presies watter figuur vlei en ’n uitputtende pelgrimstog deur die winkels om “kamoefleer”-drag te vind, is nie so sinvol as wat ek graag sou wou glo nie. Jou figuur is jou figuur, en al lyk jy heel skaflik in daardie verslankende rokkie wanneer jy voor die spieël staan, gaan ander mense jou vanuit ander hoeke betrag – in daardie millisekonde wanneer jy nalaat om jou maag in te trek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Mans laat nog altyd my mond oophang. Tensy ek heeltemal skeef kyk, is die meeste mans glad nie so bewus van die uitwerking van die tyd en van swaartekrag op hulle voorkoms nie. Ek is seker hulle word soggens wakker, maak die klerekas oop, trek die eerste die beste hemp en broek aan, skeer indien nodig, en wend hulle na die sake van die dag.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Ons vroue doen dit anders. Ná ’n vinnige gedagtekykie na alles wat die dag gaan inhou, maak ons ’n koplysie van moontlike uitrustings. Dan begin die proses van eliminasie: daardie rok het ek laas week aangehad, daardie bloes se hals is net-net te laag vir kantoordrag, daardie broek is nie meer in sy fleur nie, ek het hierdie week al te veel cappuccino’s weggewerk om gemaklik in daardie romp te pas, ensovoorts – tot ons by die oorblywende opsie beland.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Nog is het einde niet. Nou moet die bykomstighede gekies word – die oorbelle wat werk by die lengte van my hare ná die vorige sny, die serp wat my oë se kleur beklemtoon, en die skoene wat die beste balans tussen elegansie en gemak bied. Dan lê die hare- en grimeersessie voor.

Is dit nie so duidelik soos daglig watter persoon in die huis die meeste tyd en geleentheid het om die kinders ontbyt te gee nie?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Miskien moet ons by die manne gaan kers opsteek. Afgesien daarvan dat hulle met die grootste vergewensgesindheid na hul eie spieëlbeeld kyk, doen hulle dit dikwels met ons ook. Rondings wat in ons oë angswekkende afmetings aanneem, is vir hulle aanvallige kurwes. “Mooi” hoef vir hulle nie aan SABS-standaarde te voldoen of gunstig met die heldin in die jongste TV-trefferreeks te vergelyk nie. Nee wat: soms is hulle met min, of liewer baie, tevrede.

Wat gaan dit van ons vroue verg om vrede te maak met ’n regte lyf? ’n Lang reeks breinspoelsessies deur ’n toegewyde kundige, vermoed ek.

Of ’n kopskuif na waardering. Waardering vir ’n lyf wat lééf, wat allerlei lekkertes kan ervaar, en veral vir ’n man met ’n oog vir so ’n lyf.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

5 mites oor olyfolie

Moenie hierdie 5 mites oor olyfolie glo nie: Ingevoerde olyfolie is beter as Suid-Afrikaanse olyfolie…

5 hours Gelede

Gebakte vis in geurige tamatiesous

Gebakte vis in geurige tamatiesous Lees ook: RESEP: Armand Aucamp se witvis met vanieljesous van Tahiti…

5 hours Gelede

Tamatieroomsop met kaasroosterbroodjies

Hierdie lekker resep vir tamatiesop is ideaal vir ’n vinnige aandete in die middel van…

6 hours Gelede

Lekker opskiet eet-ervaring by Vergelegen

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en Vergelegen Die historiese landgoed, Vergelegen op Somerset-Wes, het…

6 hours Gelede

Vinnige lamskerrie

Vinnige lamskerrie 4 porsies Bestanddele: 1 ui, fyngekap 100 g kerriepasta 1 kg lamsvleis, in…

9 hours Gelede

Kry só jou tuin reg in Julie

Julie: Doen dit in die tuin     1. Snoei rose teen einde Julie of…

9 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.