kategorieë: BlogsOntspanning

’n Paasgebed

Liewe Here

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Paaseiers. Baie paaseiers.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Toe ek klein was, was my kop hierdie tyd van die jaar vol paaseiers. Gevulde eiers, hol eiers, eiers toegedraai in blink papier. Rye en rye paaseiers.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Vroeër die week stuur ’n kollega, vriend en maatskappybroer vir my ’n song. Omdat hy weet wat U weet; dit wat ek nog probeer wegsteek tot ek verstaan. Hy sien hoe ek knak onder my kruis. Ek kry skaam. Baie skaam. Trek my skouers terug, beur voort. Ek, die een wat graag vir ander sorg, soek skielik sorg.

Dan kom daai song. Ek weet nie wie sing nie. Dalk weet U?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Toe jou storms te groot was en niks wou bedaar, toe jy veg vir jou lewe was dit Ek wat jou spaar …”

My kop is weer vol paaseiers. Die gevulde eiers skielik hol, die blink papier vaal. Ek dink in sirkels. Een voet voor die ander. Staan op, trek aan, smile, hou die kroos kalm, jou werk agtermekaar. Oorleef, elke uur, elke dag. Een voet voor die ander.

Die song draai in my kop.

Vanoggend in die gym is ek weer 16. Bevoorregte ek is in Jerusalem, in U graf. Ek draai om en teen die muur die woorde: “He is not here. He has risen.”

My kruis lig.

Dit sal ok wees. Ek weet, want U weet.

“Toe jou storms te groot was en niks wou bedaar, toe jy veg vir jou lewe was dit Ek wat jou spaar …”

Amen.

Foto Pixabay

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Nare bedmaats: Raad vir stofmyte

Nare bedmaats: Raad vir stofmyte deur Anet Schoeman. Hooffoto: iStock/fongleon356   As jy volgende keer tussen…

6 hours Gelede

Sensitiwiteit: ’n Gawe of ’n vloek?

Sensitiwiteit is nie ’n swakheid of iets wat reggemaak moet word nie. Dis iets wat…

8 hours Gelede

Bob Martin se virtuele portaal vir troeteldierversorging

Soms is dit moeilik om die ouer van ’n troeteldier te wees, veral wanneer dit…

8 hours Gelede

Wat soek ‘Kokkedoor: Son & See’ se beoordelaars? Sjef Yolani Abrahams vertel

Die passievolle kos-entoesias Yolani Abrahams (32) is saam met Herman Lensing een van die beoordelaars…

11 hours Gelede

Dié ekspo in Pretoria bied iets aan vir die hele familie – Dis Outdoor X tyd

Vanaf 30 Mei tot 1 Junie, vind dié ekspo plaas by Idlewild Country Estate, net…

12 hours Gelede

Slim maniere om minder sout te gebruik

Ons kyk hoej jy, as vernuftige tuissjef, heerlike smake met minder sout kan optower én…

1 day Gelede